'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Volle Vind

My hart behoort
Aan die Here
Ek is so bly
Dat Hy daarbinne woon

Soveel hoop het Hy
Vir my kom gee
Die dag toe Hy inkom
Ons God is groot!

Vir altyd wil my hart
Bly sing van liefde en genade
Sy redding
Vir ‘n sondaarskind

Sy liefde is groot
Sy genade nog groter
Wie Hy is deel Hy elke dag met ons
Dit verbaas my regtig dat soveel mense vir Hom nee sê

Hulle ken Hom nie
Dit dink ek gereeld
Hulle het nie ‘n idee
Wie Hy eintlik is

As hulle net wou naderkom
As hulle net wou vind
Dan sou hulle sien
Hy is alles en soveel meer!

Hy is alles wat hierdie wêreld
Mooi maak
Hy is die Een
Wat ons harte elke dag nuwe hoop gee

Sonder my Vader-God
Om hierdie aarde te loop
Sonder Hom
Wil ek nie hier wees

Ons Pappa-God
Is so goed julle
Ek bid dat julle dit sal vind
Ek bid dat julle sal sien

Maak net ‘n bietjie
Julle oë oop vir ‘n slag
Begin rerig kyk
Begin kyk en sien dat Hy ewig is

Hy is die Antwoord
Op al ons probleme
Hy is die Een
Wat ons deur al die stryd in hierdie lewe sal help

Hy gee meer om vir ons
As wat ons ooit kon voorsien
As wat ons ooit kon dink
Waarlik moontlik is

Dit is ons God
Is al wat ek kan sê
Die Een wie ewig is
Die Een wie ewig bly

In my hart het Hy
Die mooiste woning kom bou
Ek is so trots daarop
Ek is so trots op Hom!

As Hy nie gekom het nie
Die Seun van God
Was daar nooit ooit weer
Vir ons enige hoop

Ons sou vir altyd
Verlore wees
Weg van Hom
Die Een wat alle seer genees

Het jy geweet ons God gee om?
Ja rerig sê Abba-Vader
Meer as wat ons of hierdie wêreld
Ooit rerig sal weet

Julle God is so groot
Sê Abba-God
Groter as wat julle kan dink
Of ooit voor kan bid

Ek het julle gemaak
Met ‘n plan en ‘n roeping
Elkeen van julle en Ek wil hê
Dat julle dit sal kom vind

My liefste kinders asseblief
Ek is die Een wie Ewige Lig is
Lê neer julle lewens
Lê neer julle weë

Sodat julle My
Julle God
In al My weë
In volheid kan vind

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s