My liefste kind
Ek wil hê jy moet My vind
Ek wil hê die hele wye wêreld moet My vind
Dit is wat Vader sê

Dit is nie vir My lekker
Om julle so vêr
Van My te hê nie
Dit is niks lekker

My liefste kind asseblief
Kom nader
Begin aan My hartsdeur klop
Sodat Ek jou kan begin antwoord

My liefste kinders asseblief
Daar is geen groter lekker vir My
As om vir jou oop te maak
Saam met jou dieper in My hart in te loop

Dit is die vreugde vir My
In hierdie lewe
Sê Pappa-God
Kinders wat My kom vind

Kinders wat omgee
Om van My te hoor
Kinders wat rerig vanuit die hart
Aan My oorgee

My liefste kinders asseblief
Ek vra dat julle My hart sal begin vertrou
Ek wil rerig vra dat julle
Sal begin ophou sê nee

Dis nie vir My lekker
As julle konstant nee sê nie
Sê Vader
Inteendeel Ek haat dit!

My liefste kinders
Soveel kere wat My kinders
Dink hulle behaag My met wat hulle sê
Dan is hulle verkeerd

Ek wil hê julle
Moet by My hart uitkom
Liefste kinders
My hart van liefde vir elke mens

My hart, liefde vir hierdie wêreld
Is baie groot
Sal julle My asseblief in julle harte toelaat
Sal julle My ‘n kans gee?

Om in julle harte
Te werk
Om vir julle te wys
Wie Ek rerig is

My omgee
Wil Ek oor jou strooi
My Waarheid en My weë
Asseblief sal jy op hulle kom loop

Daar is niks mooier as dit nie sê Pappa-God
Hulle is skoon
Hulle is rein
Sonder enige iets wat vuil smeer

Kom loop op hulle
Asseblief kinders kom
Kom loop op hulle
Dit is wat Vader vra

Ek vra julle om My hart te vertrou
Ek vra julle om na My te kom
Asseblief
Kom nou

Amen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s