Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Regte Kies

Lê neer julle weë
Kom loop op Myne
Dis al wat Ek
Van hierdie wêreld bly vra

Wanneer gaan julle hoor
Wil Abba-God weet
Wanneer gaan julle
Rerig kom

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Dat julle weë julle net
In die grootste gemors laat beland

Dis waar Ek julle
Altyd kom haal
Besteel, belieg
Vol van die wêreld se verraad

My liefste kinders asseblief
Luister vir My
Ek is die Een
Wat Ware Lewe en vrede gee

Vrede wat julle so gehoop het
Julle in haar sal vind
Maar dit is nie iets waarmee sy
Ooit rerig sal kan help nie

Hierdie wêreld
Gee nie om oor julle nie
Liefste kinders
Ek is die Enigste Een

As julle moet kies sê Abba-Vader
En julle moet
Tussen die wêreld en My
Wil Ek vra kies asseblief vir My

Kies My bo die wêreld
Kies om eerder in My weë te kom loop
Haar weë, sy gaan julle net laat verdwaal
Asseblief liefste kinders kom na My

Kom vind My weë
Kom loop op My spore
Jesus het julle kom wys, Hy het julle kom leer
Om die Weg terug te vind na My

Sal julle luister
Sal julle My waarlik innooi
Asseblief My liefste kinders
Kom luister vir My

Gee jou hart en lewe
Sê Pappa-God
Kom gee alles vir My
Lê alles neer

My liefste kind
My hartsbegeerte is
Dat jy My in al My volheid
Sal kom vind

Kom soek My
Kom jaag My weë na
Julle sal vind liefste kind
Dat Ek soveel-soveel meer is

Mooier as die mooiste storie-boeke
Wat julle ooit kan lees
Mooier as die mooiste storie
Wat julle ooit kan kyk

Dit is wie Ek is!
Dit is wie Ek is
Liefste kinders
Asseblief kom glo in My!

Kom gee jou hart en lewe asseblief vir My
Kom gee alles oor
Sodat Ek in volheid van wie Ek is
In jou kan begin woon!

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s