Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Slimheid se dood

Soveel lesse wat Ek
Hierdie wêreld wil leer
Meer oor My
Meer oor hulleself

Daar is lesse in My hart
Wyse Lesse
Wat Ek so graag
Met julle almal wil deel

Wie daarbuite
Wil hoor?
Wie wil uitvind
Meer oor wie Ek is?

My liefste kinders asseblief
Ek wil hê julle moet weet
Ek glo in julle
Julle is vir My meer as baie goud werd

Waardevol is julle vir My
So waardevol
Sê Abba
Ek sal en wil julle vir niks verruil

Abba-God U is liefde
U is alles wat mooi is
Abba ons wil kom leer, ons wil meer weet
Van die lesse wat U in U hart vir ons hou!

Kom leer ons asseblief meer
Abba-God
Kom wys ons
Wat dit is wat U vir ons wil hê

Abba-God
Ons wil meer van U hê
Ons wil dinge sien
Soos wat dit in U hart lê

Abba-God
Kom wys ons asseblief meer
Kom leer ons die lesse wat U ons wil leer
Sodat ons ware wysheid kan vind

Ons wil ons slimheid neerlê
Abba-God
Ons wil kom vra
Meer van U

Abba wys ons asseblief
Wat U instoor vir ons hou
Ons wil by die diepste waarheid
In U hart uitkom

Help ons dan asseblief
Abba-God
Dat ons U werklik sal soek
Sodat ons U waarlik kan vind

Werk in ons harte
Abba
Asseblief doen wat U moet doen
Doen wat U weet nodig is

Abba U weet watter lesse
Elkeen van U kinders moet leer
En Vader-God ons wil oorgee
Aan U manier

Abba-God sal U ons asseblief kom wys
Wat ons moet neerlê
Sodat ons meer van U
In ons lewens en harte kan hê

Ja Abba-God
Dit is dalk selfs moeilik om in die begin
Nee vir die verkeerd-doen te sê
Maar in en deur U is dit moontlik

Abba-God dis omdat ons
By U hart wil uitkom
Dis omdat ons rerig wil weet
Wat vir U belangrik is

Dis hoekom ons bereid is
Om dit neer te lê Abba-God
Omdat U goed is vir ons
Omdat U waarlik leef

Abba U hart wil ons naspoor
U hart wil ons kom vind
Ons weet U Seun het dit moontlik gemaak
Vir ons om verhouding te bou

En Abba
Dit is wat ons harte so bly maak
Om HOOP in hierdie donker wêreld te hê
Want U is die Ewige Lig!

Dankie Abba-God
Dat U so genadig is
Dat U by ons is
En dat U nooit sal opgee

Abba-God
Ons wil U en U hart
Tot op die einde bly vertrou
Sal U ons asseblief help daarmee

Sal U ons help
Om altyd die goed
In hierdie lewe te vind
Om dit altyd raak te sien

Abba help ons asseblief
Om nooit so moedeloos te raak
Dat ons nie saam met U
Kans vir môre sien

Nee My liefste God
Ons wil saam met U
Die reuse in hierdie lewe baklei
Want ons weet U is baie groter as hul

Help ons asseblief daarmee
Abba-God
Maak ons flink van verstand
Ons oë altyd op U

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s