Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Benut die 2de Kans

Ken jy Hom
Wie jou Sy kind wil noem
Ken jy Hom
Wie soveel vreugde die mensehart inbring

Liewe vriend en vriendin
Ek wil julle nader nooi
Kom luister wat hierdie Koning
Oor julle sê

Liefste wêreld
Ek het julle met ‘n baie duur prys gekoop
Die bloed van My Seun
Alles om jou te bevry

Om jou te vind en in te bring
Dit bly My lewensdoel
Weet dit
Ek is oneindig lief vir jou

Sonde en verkeerd-kies
Het die verhouding tussen ons kom reiuneer
Maar liefste kind My hart is
Om dit weer te herstel

Ja sê Vader dit wat mense
En die duiwel gedink het nie moontlik is
Het Ek kom doen
Deur die bloed en kruisdood van My Seun

Liefste wêreld
Ek is lief vir julle
Dit is hoekom My Seun gekom het
Om aan julle weer ‘n kans te gee

Ek kon nie toelaat
Dat julle verlore gaan
Die straf van julle sonde dra
Sonder om iets daaraan te doen

Ek het ‘n plan gemaak sê Abba-Vader
En dit is My Seun
As julle die Bybel lees
Sou julle sien dit is waar

My Seun het Ek gestuur
Om die verhouding te herstel
Dit wat gebreek is deur sonde
Weer ‘n keer nuut te maak

My liefste kinders asseblief
Glo vir My
Glo My as Ek vra
Asseblief vertrou My hart

Vertrou wie Ek is
Bo dit wat die duiwel en die wêreld vir julle sê
Vertrou My
Want Ek is die Ewige Ek Is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s