Byt vas, Liefde so groot

Onsinkbaar

Liefste kinders
Julle moet begin luister
Na die stem van jou hart
Daardie deel van jou waar Ek met jou praat

Ek weet dis partykeer
Moeilik
Maar kinders julle moet leer
Hoe om staande te bly

Om My stem
Vir jouself te ken
Is so nodig vir die pad
Wat vir hierdie wêreld voorlê

Trek nader aan My hart
Liefste kind
Trek nog nader aan My hart
Soveel meer wil Ek jou leer

My liefste kinders
Ek wil julle leer
Om op My te bly vertrou
Selfs al lyk dit nie asof daar veel hoop rondom is

Hou julle oë asseblief op My
Liefste kinders druk saam met My deur
Moenie opgee nie
Hou asseblief vas

Ek wil julle leer
Meer en meer
Elke dag om julle oë
Op die Ewige Rots Jesus te hou

Ek is altyd by julle
Sê Abba Vader
Ek het julle vergeef
Saam kan ons ‘n nuwe toekoms bou

Maak seker My liefste kind
Maak seker jy ken My stem vir jouself
Maak seker dat ons verhouding bou
Maak seker jy weet van My

Baie van My kinders
Sê Abba
Wat net in mense se weë loop
Hulle vind nie vir hulself uit wie Ek rerig is

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet julle oë op My bly hou
En nie ondergaan
Maak nie saak wat gebeur

Ek is lief vir julle
My liefste kinders
En ons sal saam daardeur
Saam deur al die storms van die lewe

Leer My hart ken
Leer wie Ek rerig is
Moenie verkeerd glo
Hou vaster aan wie Ek is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s