Blinde oë, Nuwe hoop

Leer ken My hart

Weet jy wie
Aan jou hartsdeur klop
Dit wil die Koning
Van alle konings weet

Hou asseblief op om rondom jou te kyk
Liewe wêreld
Begin om na My te kyk
Begin asseblief antwoord gee

Ek verlang na kinders
Sê Abba-God
Bereid om te kom uitvind
Of Ek rerig is soos wat julle dink

Want julle is so verkeerd
In julle opvattings oor My
Ek is nie soos baie van julle dink
Ek is miljoene kere beter

Ja sê Abba-God
Dis tyd om te kom uitvind
Waar was ons verkeerd
Waar het ons verkeerd geglo

Want julle ken My nie sê Abba
Julle dink net
Dat julle doen
Ek nooi jou om die waarheid te kom vind

Moenie meer wegwys
Liefste kinders
Dit wat julle nie met die blote oog kan sien
Diep en Onsigbaar is waar My Koninkryk lê

Ek is orals om julle heen
Sê Abba-Vader
As julle net wou begin sien
Sou julle My vind

In die lag van ‘n kind
In hulle oë wat so blink
Dit is Ek My liefste kinders
Ek wil hê julle moet dit weet

Ek het altyd ‘n sagte hart
Teenoor mensekinders wat seer het
My hart is om hulle te verbind
Nooit nie om hulle weg te wys

Hoekom glo julle so verkeerd oor My vra Abba
Hoekom wil julle nooit kom nie
Dis omdat julle My nie ken
Julle weet net van My

Liefste kinders
Asseblief
Maak My die beste vriend wat jy ooit sal kan hê
Maak My die Een op wie jy elke dag staatmaak

Ek is so lief vir julle
Sê Abba
So ongelooflik baie
As julle dit net wou sien

Dis My liefde en goedheid
Wat julle elke dag omring
Dis Ek wat julle vashou
Dis Ek wat help as julle voete swik

My liefste kinders asseblief
Kinders van hierdie wêreld
Hou julle oë op My
En weet asseblief Ek wil julle dieper vat

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s