Byt vas, Nuwe hoop

Hart hou moed

Die kere wat jy dink
Jy kan nie meer
Die kere wat jy is
Moeg en moedeloos

Dink asseblief dan aan My
En onthou
Dat Ek lyding en swaar tye
Ook baie goed ken

My kinders asseblief
Behou geloof
Behou hoop
Weet dat Ek altyd by julle is

Hierdie wêreld en sy dinge
Is nie hoër as Ek
Jy sal dit maak My kind
As jy net jou oë op My bly hou

Moenie opgee nie liewe kind
Liefste seun en dogter van God
Hou vaster aan My
Veral wanneer die donker dae en tye kom

Heelwat van My kinders
Sê Abba-God
Wat in dié tye
Weg van My af trek

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet moed behou
Altyd glo, altyd weet
Dat Ek julle sal deurdra

My liefste kind
Seun en dogter van God
Is dit nie wat My Woord beloof
Dat Ek naby jou sal wees

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Stormtye gaan daar altyd wees
Dis hoe ons daardeur wat die verskil maak

My liefste kinders
Hou vas
Hou vaster aan My
En weet saam met My gaan julle beslis deurtrek

Wanneer donker tye kom
Behou moed
Behou geloof
Omdat jy weet Ek die antwoord is

Amen, Halleluja.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s