Byt vas, Liefde so groot

Krag in donker tye

Vader U is altyd naby
In die stormtye van die lewe
Wanneer alles rerig
Net te veel vir ons raak

Wanneer die lewe
So swaar raak Vader
Wanneer ons met so min geloof in ons harte
Die toekoms instaar

Vader dan is dit U wat ons kom haal
Ons vaster aan U hou
Vir ons sê dat daar nog hoop is
Alles omdat U Seun Yeshua Jesus ewig leef

Vader-God
Dankie dat U goed is
Dankie dat U in beheer bly
Dankie dat daar niemand soos U is

U alleen is die Een
Wat vir ons harte nuwe hoop gee
Wat ons deurdra
Soos ons ons oë op U bly hou

Dankie Abba-God
Dat U in beheer is
Dat U in beheer bly
En dat niks of niemand ons uit U omgee kan ruk

U is en bly altyd
Lief vir ons
En dit gee my hart soveel hoop
Omdat ek weet U is alreeds daar

Vader al verstaan ons nie
Soveel dinge wat in hierdie lewe gebeur
Wil ons aan U bly vashou
Want ons weet U is altyd daar

U gee meer om
As wat ons ooit sal weet
U is lief vir ons
Al sê die wêreld U het van ons vergeet

Vader dit sal nooit so wees
U sal nooit U rug op ons draai
U sal ons bly vashou
Tot die einde, dood en weer

Dankie Abba-God
Dat U kinders U kan bly vertrou
Dat U ons Anker is
Dat U ons Hoop bly

Ons wil aanhou bely Abba
Dat U ons krag is
Dat alles wat ons het en is
Van U ons geliefde Vader-God kom

Dankie Abba-God
Vir U groot genade
Dat U ons altyd vaster hou
Dat U nooit sal ophou om ons lief te hê

Vader ons wil nader aan U trek
In die stormtye van die lewe
Nader, nader aan U ons Abba-God
Sodat U ons kan bly deurdra

As ons geloof behou
Is U altyd daar
Om ons te leer, om ons te lei
Om ons vaster aan U te hou

Dankie Abba-God
Dat U hierdie wêreld liefhet
En dat U sal aanhou
Om almal te probeer red

Dit is wie U is
Dit is wat U doen
Om elke dag net nog meer siele
In U Koninkryk in te bring

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s