'n Seer hart, Blinde oë

Draadsitter

Weet julle dat Ek
Die Antwoord is
Weet julle dat in My Seun
Julle alreeds vergeef is

Kinders van hierdie wêreld
Ek wil hê julle moet nader kom
Ek wil hê julle moet weet
Dat Ek die Ewige God en Koning is

Daar is niemand soos Ek nie
Sê die Heer
Daar is niemand wat julle ooit
So baie soos Ek sal liefhê

Is dit nie tyd
Om My te begin vertrou nie
Is dit nie tyd
Om te weet dat Ek altyd naby is

Al is julle nie altyd
Bewus daarvan nie
Is dit hoe dit is
Sê Abba-God

My oog sal altyd
Op My kinders wees
Die wie vir My omgee
Die wie se Koning Ek is

Ek wil hê julle moet
Julle vertroue in My kom stel
Ek wil hê julle moet weet
Dat Ek genade, goedheid en liefde is

Ek hou daarvan
Sê Abba-God
As mense nader kom
As hulle My rerig wil vind

My kinders luister
Asseblief vir My
Kinders van die wêreld
Luister

Ek is God
Ek is die Ewige EK IS
Ek is die Een
Wat jou hart verlang om te vind

Moenie opgee op My nie
Liewe wêreld
Die tyd is min
Vir julle om aan te hou met My genade speel

Luister My kinders
Luister kinders van die wêreld
Daar is nog tyd
Daar is nog hoop

Ek wil hê en vra
Dat julle julle oë
Op My sal begin plaas
Die Een wat die Antwoord is

Daar is net niemand
Soos Ek nie sê die Heer
Ek is alles
En nog soveel meer

Ek wil hê julle moet kom
En Ek wil hê julle moet My hart vertrou
Liefste kinders weet asseblief
Dat Ek die enigste ware Antwoord is

Ja sê Abba-God
Daar is baie mense en dinge
Wat hierdie wêreld bo My plaas
Tog hoort dit nie so

As die mense in hierdie wêreld
My kinders
Net wou begin om verhouding met My te bou
Kan dinge soveel anders wees

As mense van hierdie wêreld
My kinders
Die tyd wat hulle aan mense en dinge bestee
Net met My wou spandeer

Dinge kon so anders wees
Dinge kan so anders wees
Daar is nog tyd sê Abba
Vir julle om My in volheid te kom dien

Julle gaan My nooit
In My volheid hê of ondervind
As julle aangaan
Soos wat julle aangaan

My liefste kinders asseblief
‘n Kind van hierdie wêreld
‘n Kind van My
Dit is tyd dat julle kies

Die louheid waarmee
Soveel mense My dien
Bring hulle in die grootste gevaar
Waar is die passie waarna Ek verlang?

My liefste kinders
Kinders van die wêreld
Ek wil vra dat julle harte vir My
Warm sal begin klop

Ek wil die grootste
Meeste-aan-die-brand passie
In jou hart wees
Sê My liefste kind sal dit ooit so wees?

Sal julle My stem
Ooit bo die van die wêreld vertrou
Sal julle ooit glo
Dat Ek die enigste en ewige Antwoord is

Julle moet begin glo
Liefste kinders
Kinders van die wêreld
Daar is soveel op die spel

Julle kan My vertrou
Sê Abba-God
Dis okay om te erken
Julle was verkeerd

Dis nie nodig om altyd
So groot ding te wees nie
Liefste kinders erken dit nou
Here ek was verkeerd

Ja sê Abba-God
Daar is baie mense en dinge
Wat bo My wen
Tog hoop Ek dit was nie gewees

Liefste kinders
Liefste wêreld
Hoor My asseblief
Julle kan mense en dinge nooit nie bo My plaas

Dis omdat hulle
Julle afgode raak
En dan hou julle nie meer
Julle oë op My

Liefste kinders
Liefste wêreld
Hoor My asseblief
Hoor dat Ek die ware ewige Antwoord is

Sal julle dit hoor?
Sal julle dit begin glo?
Sal julle julle vertroue op My kom plaas
Die Een wat ewige God en Koning is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s