'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

‘n Kans

Sluit julle harte oop vir My
Asseblief
Liewe wêreld
Sluit julle harte oop vir My

Dis al wat Ek vra
Sê Abba-God
Want ek weet hoeveel lewe en oorvloed
Dit vir julle sal bring

Sal julle asseblief begin
Om My te vertrou
Sê Abba-God
Sal julle asseblief kom?

Liefste kinders
Asseblief kom
Kom en kom sien
Wat Ek vir julle verborge hou

Ek wil hê
Julle moet kom vind
Liefste wêreld
Ek wil hê julle moet kom

Begin soek sê Abba
Begin asseblief rerig-rerig na My soek
Ek wil en kan alles nuut-maak
As julle net wou kom en glo

Ek kan alles doen
Liefste wêreld
Niks is te moeilik
Of bo My

Vertrou My asseblief
Liefste kinders van hierdie wêreld
Begin My vertrou
Begin My ‘n kans gee

Dit is al wat Ek van julle vra
Die wat soek
Hulle vind
Dit is wat die Woord van God bly sê

Sluit julle harte oop
Sluit julle harte oop
Gee My ‘n kans
Dit is wat Vader sê

Sal jy dit doen
Liefste vriend en vriendin
Weet asseblief dat jy nooit verkeerd sal kan gaan
Die dag wanneer jy besluit om dit te doen

Dit is die beste ding
Wat enige iemand ooit kan doen
Om Hom te vertrou
Om Hom waarlik kans te gee

Sluit oop julle harte
Asseblief liefste kinders
Sluit oop
‘n Kans, dit is wat Ek vra

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s