'n Seer hart, Blinde oë

Aangename kennis

Kan ons oorbegin
Vra Vader
Asseblief liewe wêreld
Kan ons oorbegin

Julle glo verkeerd
Oor My sê Abba-Vader
Julle het dit
Net nie reg

Dis al so lank
Sê Abba-Vader
So lank dat Ek vir julle wag
Om My rerig te ontmoet

Ek raak moeg sê Abba-Vader
So moeg oor al die leuens
Wat die wêreld en sy mense
Oor My rondvertel

Liewe wêreld
Wanneer gaan julle My rerig kom vind
Wanneer gaan julle uitvind
Wie Ek rerig is

Julle het dit so verkeerd oor My sê Abba-Vader
Julle glo so verkeerd
As julle leuens oor My eerder die waarheid was
Was hierdie wêreld ‘n soveel beter plek

Ek verlang na mense
Sê Abba-God
Wat bereid is om My
Waarlik te kom naspoor

Mense wat bereid is
Om te kom vind
Mense wat nie net stop
By leuens van My glo

Ek verlang sê Abba-God
Om hierdie wêreld en sy mense
Meer van My
En My wonderlike dinge te leer

Wanneer gaan dit wees
Wil Abba-God weet
Wanneer gaan die wêreld en sy mense
Reg oor My begin glo

Want liefste wêreld
Julle het dit so verkeerd
Julle het nie ‘n idee wie Ek rerig is
Soveel leuens is wat julle van My glo

Julle moet begin reg glo
Sê Abba-Vader
Dis tyd dat julle die waarheid oor My
Wie Ek is rerig vind

Julle moet begin reg glo
Oor My sê Abba-Vader
Dis nood-belangrik
Dat julle die waarheid oor wie Ek is kom vind

Julle kan nie aanhou
Om ‘n speletjie van die Ewigheid te maak
My liefste kinders, kinders van die aarde
Dit is ‘n ernstige saak

Ek wil hê hierdie wêreld
Moet My vind
Ek wil hê hierdie wêreld
Moet uitvind wie Ek rerig is

Want julle glo verkeerd
Julle glo so verkeerd oor My
Ek wens dit was nie so
Ek wens dit kon anders wees

Liefste kinders
Kom nader
Kyk dieper
Sien, soek en vind daar is soveel meer

Soveel meer as waarvan
Hierdie wêreld en sy mense
Notisie neem
My kinders daar is meer

Begin dit glo, asseblief
Begin My en My weë naspoor
Sodat julle die waarheid
In groot vreugde kan vind

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s