'n Seer hart, Nuwe hoop

Geen seer is onoorkombaar

Is jou hart seer?
Is daar ‘n pyn wat dof klop?
Liefste kind Ek wil hê jy moet weet
Ek is naby jou, Ek weet van jou

Ek is nooit vêr
Wanneer mense seer het nie
Al wil die wêreld dit graag glo
Al wil hulle glo dat Ek die oorsaak is

Liefste wêreld
Dit is nie My hart
Om julle konstant seer te maak nie
Dit is nie wie Ek is

Ek verlustig Myself nie
In julle pyn nie sê Abba
Julle seer, ellende, lyding
Bring vir My geen verlustiging

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Ek gee om oor die seer in julle hart
Ek gee om oor die pyn wat hierdie wêreld jou besorg

Ek weet dis nie altyd maklik nie
My liefste kinders
Om sterk te staan, om bo te bly
Met die pyn wat julle dikwels omring

Ek weet dis moeilik om te glo
Dat Ek dalk nie die oorsaak van jou pyn is nie
Want as mense soek julle altyd
Iemand om te blameer

My liefste kinders luister asseblief vir My
Ek wil hê julle moet weet
Ek gee om oor die pyn in jou hart
En dat Ek nie die oorsaak is

Dit is nie vir My lekker as Ek sien
Hoe swaar hierdie wêreld
Sonder My
En My liefde trek

My kind luister asseblief vir My
Glo My bietjie vir ‘n slag
Nie al die sleg in die wêreld
Is van My

Ja sê Abba-Vader
Ek laat slegte dinge dalk toe om te gebeur
Maar dis altyd om verlorenes
Terug te bring na My

Ek wil julle oë oopmaak
Sê Vader-God
Ek wil julle help om te sien
Ek wil hê dat julle in My sal glo

Ja sê Abba-God
My liefste kinders
Moeilike tye word toegelaat, moeilike tye kom
Sodat julle nader aan My kan beweeg

Moenie wegbeweeg van My
In jou seer nie sê Abba
Hou My asseblief dan
Veral naby

Ek is die Een
Wat al die pyn kan beter maak
Wat dit kan genees
Wat die dowwe klop kan laat verdwyn

My liefste kinders
Luister asseblief vir My
Ek is nie die God wat baie mense dink Ek is
Ek is die Perfekte God

Geen tekort
Of iets wat nie reg werk nie
Sal jy ooit in My kry
Sal jy ooit in My vind

Ek is die Perfekte Een
Sê Abba-God
Ek wil hê julle moet weet
Daar is niemand soos Ek

Al word sommige seer toegelaat
Al kan Ek nie altyd al die seer keer
Wil Ek vra dat julle
My asseblief sal begin vertrou

Begin asseblief vandag vra Vader
Begin kom
Begin sien dat Ek
Die wonderlike Geneser van Menseharte is

My liefste kind asseblief
Hoor vir My
Ek is jou liefdevolle God
Die Een wat alles kan beter maak

Al is jou hart stukkend
Al is hy gebruik
Al hou jy aan dink
Dat hy nooit nie gaan regkom

My liefste kind asseblief
Vertrou die mooi van My hart
Weet dat wanneer Ek begin werk
Ek die onmoontlike kan vermag

My liefste kinders
Weet dit asseblief
Vir My is daar net 1 van jou
En Ek gee baie vir jou om

Niemand van julle
Geeneen is te min belangrik vir My
Ek gee om
Oor iedere en elke een

My liefste kind
Weet dit asseblief
Jy is belangrik
Jy is goed genoeg vir My

Daar is geeneen van julle
Wat Ek ooit sal miskyk
My hart behoort aan julle almal
Ek wil hê elkeen moet My beter leer ken

Liefste kind Ek wil hê jy moet weet
Al kon Ek dalk nie al die sleg in jou lewe keer
Kan Ek dit draai tot iets met enorme eer
Vir jou, vir My en My Koninkryk

Ek kan alles beter maak
Sê Abba-God
Selfs al het jy nog nooit aan My behoort
Kan ook jy nou die wonderlike kans kry

Daar is geen onderskeid
In die bloed van My Seun nie sê Abba
Almal is gelyk
Almal kan kom

Te lank sê Abba
Dat mense glo
My Seun se bloed
Is net vir sekeres, uitgesoektes

Liefste kinders
My Seun se bloed
Is vir almal
Elke mens wat ooit sal glo

Hou asseblief op sê Abba-God
Om My buite jou seer te hou
Buite jou hart
Kind Ek kan alles beter maak

Die grootste seer
Daai ding wat jy dink
Jy nooit nie sal kan oor
My liefste kind jy kan saam met My

Begin My net deel maak
Van jou lewe
Van jou seer
Van jou hart

My kind alles kan draai vir goed
Ek wil vra dat jy dit asseblief sal begin glo
As julle net bereid is
Om dit in My hande oor te gee

Die ergste storm
Die donkerste nag
Ek was al daardeur
So sê die Seun van God

Dit is hoekom Ek medelye met julle het
Dis omdat Ek verstaan
Liefste kinders
Waardeur julle gaan

Begin julle oë asseblief op My plaas
Gee My ‘n kans
Asseblief liefste kind
Om dinge vir jou beter te maak

En al verstaan jy dalk nie
Al die dinge
Al weet jy dalk nie aldag
Hoe alles werk liefste kind

Wil Ek hê jy moet weet
Dat Ek die Ewige Antwoord is
Ja sê Abba-God
Die Een na wie almal kan draai

Ek is lief vir julle
Liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Met ‘n Ewige Liefde

Ek sal My oë
Nooit afhaal
Van die wie My kies
Elke tree is Ek by jul

Dankie liefste kinders
Abba se kinders
Dat julle My die kans gun
Om julle seer beter te maak

Dankie dat julle
In My glo
Dat julle weet
Ek is altyd naby

Ek kan alles beter maak
Liefste kinders
Die grootste verskriklikste seer
Asseblief begin My daarvoor vertrou

En al kon Ek dit dalk nie keer
Kan Ek jou ten volle genees
Kan Ek dit gebruik
Om My Koninkryk te bou

Liefste kind
Ek maak jou nuut binne-in
Ek gee jou ‘n nuwe begin
Dit My liefste kind is wat Ek vir jou kan en wil doen

As jy My net wou toelaat
As jy My net ‘n kans wou gun
Dit is My liefste kind
Wat Ek vir jou kan en wil doen

My hart en oog
Sal op jou wees
Nooit is jy alleen
Nooit hoef jy alleen deur die seer te werk

En al gaan ons dalk terug
Om die seer in die oë te kyk
Is dit net om te vergeef
En dan aan te beweeg

Vergifnis liefste kinders
Teenoor die wat jou seergemaak het
Dit is die 1ste stap
Vir jou om Ware Vryheid te betree

Hou jou oë asseblief op My
Weet dat Ek by jou is
Saam gaan ons al die seer deurwerk
Totdat net die blink van môre se mooi jou inwag

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s