'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Kyk boontoe

Hou julle oë op My
Asseblief liewe wêreld
Hou julle oë op My
Dit is wat die Vader vra

Al raak dit hoe moeilik
Kinders
Al raak dit swaar
Hou net aan met boontoe kyk

Ek is by julle
My liefste kinders
Liefste wêreld
Doen asseblief wat Ek van julle vra

Maak My julle enigste hoop
My maak die Een wie se hande julle die styfste vashou
Asseblief liewe kinders vertrou My
Ek weet wat Ek vra

Ek sal julle nooit sommer net los nie
Ek is altyd naby
Om julle te red
Om julle te verlos

Roep na My in die moeilike tye
Sê Abba-God
Roep na My
En weet dat Ek sal antwoord

Ek is naby wanneer mense seer het
Sê Abba
Nie vêr
Asseblief hou op om dit nie te glo

Ek weet wat Ek vir julle beplan sê Abba-God
Voorspoed
Alles wat mooi is
Dit is My hart vir julle

Glo dit dan
Asseblief kinders
Hou vas aan die mooi van My hart
Weet dat Ek julle tot op die einde sal bly dra

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s