'n Seer hart, Nuwe hoop

Die geskenk van môre

Môre sê
Ons kan nuut begin
Môre sê
Ons kan weer oorbegin

Daar is soveel
Mooi beloftes
Wat môre vir ons
U kinders inhou

Môre sê ons kan weer
In iets mooier en beter glo
Môre sê dis ‘n kans
Vir ‘n nuwe begin

Baie dankie Abba Vader
Dat U ons die geskenk van môre gegee het
Sodat ons die gisters kan agterlaat
Daarvan vergeet

Vader ons verledes
Lê dikwels vol van seer
Iets wat ons moeilik agterlaat
Iets wat moeilik is om te vergeef

Vader maar toe maak U die mooiste mooi
U gee ons ‘n nuwe begin
Wanneer ons kies
Om die verlede agter te laat

Abba dankie vir die belofte
Van ‘n nuwe begin
Dankie vir die belofte
Van ‘n nuwe môre

Môre sê ons gaan
Ons drome haal
Môre sê ons gaan
Aanhou glo

Want die mooi
Van wat nog gaan kom
Dit is wat die geheime
Van môre inhou

En ja
Selfs al bevat die toekoms seer
Weet ons dat elke nuwe dag
‘n Groot wonderlike nuwe begin is

Want Vader dit is wat môre sê
Dit sê U is en bly in beheer
Dit sê wonderlike dinge lê nog voor
Vir die hart wat sal bly glo

Dankie Abba-Vader
Dat U kom wys
Ons verledes hoef nie
Die stories van ons hede en toekoms te skryf

Wat agter is
Is agter
Wat ons wil doen
Is môre aangryp

Môre en al sy
Mooiste beloftes
Môre en ons wat
Daarin glo

Vader dankie dat U
Die verlede se seer
Draai in die mooiste mooi
Iets wat die toekoms blinker maak

Vader ek weet nie
Hoe U dit doen
Maar dat U dit kan doen
Bly vir my die wonderlikste

Dankie vir die geskenk van môre
Dankie dat môre se hoop en blydskap
Die grysheid van ons gisters
Verdring

Die môre’s van die lewe
Hoeveel hoop gee dit die hart
Om te weet die beste lê nog voor
Dit is nie alreeds verby

Dankie dat U
In ons môre’s glo Abba
Dankie dat U ons help
Om ook in hulle te glo

U maak ons môre’s
Beter as wat ons gisters
Ooit kon wees
Abba ek sê dankie daarvoor

U is die God van vandag
U is die God van gister
U is die God van môre
‘n Geskenk wat ons nog inwag!

Dankie Abba-Vader
Dat U ons weer help
Om in ons môre’s te glo
Te weet dat die beste vir ons nog lê en wag

Is ek en my hart
So dankbaar vir ‘n nuwe begin
‘n Môre
Waarna ons met verwagting kan uitsien

Ek sien uit om te ontdek
Wat dit is wat die toekoms inhou
Om te weet wat elke môre bring
En vir die groot geskenk van net altyd vorentoe bly kyk

Dankie Abba-God vir hierdie voorreg
Vir die les wat ek kon leer
Om nie terug te kyk
Om nie in die verlede te leef

Maar om op te kyk saam met U
Om te vergeef
Om dit wat verby is daar te los
En om saam met U vorentoe te kyk

Dit is en bly ‘n waardevolle les
Een wat ek so dankbaar is ek kon leer
Dankie Abba-God vir ons gisters
Dankie vir die môre’s wat U mooier maak

As wat ons kan dink, droom of verbeel
Alles as ons dit net aan U oorgee
As ons U toelaat om dit te genees
As ons die seer oor gister se hartseer vir U gee

Dankie Abba vir volkome genesing
Dankie vir U aanbeweeg
Dankie vir ‘n nuwe begin
Dankie vir môre

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s