'n Seer hart, Blinde oë

Vind se Tyd

My genade is genoeg
Vir julle sê Abba-Vader
Ek wil hê julle moet dit weet
Ek wil hê julle moet dit glo

Daar is heelwat dinge
In hierdie wêreld
Wat skeiding bring tussen My
En die mensekinders

Tog wil Ek hê julle moet weet
My genade is genoeg vir julle
Liefste kinders daar is niks in hierdie wêreld
Wat ons vir goed kan skei

Kinders as julle net wou kom
As julle net na die Kruis van Jesus toe wou kom
As julle net wou kom en bely
Dinge kan soveel anders wees

Kinders luister asseblief vir My
My Woord bly sê
Al was julle sonde soos skarlaken
Ek was dit wit soos sneeu

Liefste kinders
Dis wie Ek is
Dis wat Ek vir jou wil doen
As jy net wou kom

Begin asseblief ja sê vir My Woord
Begin asseblief ja sê vir wat Ek van jou vra
Liefste kinders Ek wil hê julle moet kom
Ek wil hê julle moet glo

Lank genoeg sê Abba
Dat mense in hierdie wêreld
Net maak soos hulle wil
Aangaan asof daar net geen God is

Luister My liefste kinders
Kinders van die wêreld
Daar kom ‘n dag wat elke mens gaan rekenskap gee
Was dit goed, was dit verkeerd

My liefste kinders
As julle nie daardie dag weggesteek is
In die bloed van My Seun nie
Dan weet Ek nie My liefste kinders, dan weet Ek nie

Dis al hoe julle op daardie dag
Veilig gaan wees sê Abba
As julle geglo het in My Seun
As julle waarlik vir Hom leef

Liefste kinders
Die van die wêreld ook
Julle moet begin luister vir My
Asseblief dit is wat Ek vra

Kinders julle moet asseblief begin nee sê
Vir die dinge van die wêreld
Julle moet begin nee sê
Vir alles nie van My

Hoe kan julle julself
‘n Kind van God bly noem
Maar dan nie ‘n veer omgee
Om soos een te leef

My kinders luister vir My asseblief
Hoor wat Ek hier vir jou sê
Geen van My kinders wat die wêreld nog so liefhet
Gaan die ewigheid maak

Kinders asseblief julle moet begin glo
Julle moet glo dat Ek die Antwoord is
Dat Ek alles kan draai vir My eer
Dat Ek jou help om vir My eer te leef

Kinders word net lief vir My
Asseblief dis wat Ek vra
Glo in My
Soos wat Ek weet julle kan

Julle moet begin nee sê
Liefste kinders, liefste wêreld
Vir al die verkeerd wat om julle aangaan
Julle kan nie deel aan alles hê

Dis so gevaarlik kinders
Dis so gevaarlik
Om saam met die wêreld te aanhou loop
Tog te dink ek is oppad hemel toe

Liefste kinders van God
Kinders van die wêreld
Ook julle woorde en dade moet dit begin sê
Hulle moet weet wie is hulle God

Kinders hou aan glo
Hou asseblief aan glo
Weet dit
Dat Ek van beter weet

My hart is altyd
Om uit te reik na gebrokenes
Die wie seer het
Die wie verlore is

Ek dink dis die mense
Aan wie Ek die naaste is
Mense wat baie seer het
Mense wat die minste in My glo

Ek wil julle inbring liefste kinders
Dis altyd My hart
Om blindes se oë oop te maak
Om die wie seer het te verbind

Kinders hoekom wil julle dit nooit glo nie
Hoekom wil julle dit nooit sien nie
Dat Ek die naaste is aan mense
Met die grootste seer

Hou asseblief op liefste kinders, liefste wêreld
Om julle in tye van donkerte
In tye van seer
Van My af te skei

Kinders van God
Kinders van die wêreld
Luister vir My daar is ‘n beter manier
Dit is Ek en My volheid

Ek wil hê julle moet julle hande van hoop
Kom uitstrek na My
Ek wil hê julle moet kom vind
Dit wat julle so naarstigtelik soek

Kinders dis tyd dat julle in My glo
Asseblief dit is wat Ek van julle vra
Glo in My sê Abba Vader
Asseblief glo in My

Dis tyd om My te vind kinders
Dis tyd om oor te gee
Om My te vind
Dit is wat Abba sê

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s