Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Ek glo in jou

Sal julle kom liewe wêreld
Sal julle kom oorgee
Sal julle kom vind
Dit is wat ons Vader sê

Dit is tyd om nader
Aan My te beweeg
Sê ons Abba liefste God
Dit is tyd om nader te kom

Liefste kinders
Kinders van die wêreld
Dit is nie nodig om op ‘n afstand te bly staan
As Ek vir jou die beste wil gee

My liefste kind
Glo vir My
Dit wat Ek begin het
Dit kan en gaan Ek klaarmaak

Ek glo in jou sê Abba-Vader
My kind Ek glo in jou
Begin asseblief meer en meer
Om elke dag net jou oë op My te hou

Dis tyd om nog nader
Aan My hart te beweeg
Sê Abba Vader
Nog nader, nog dieper

Kom nader My liefste kinders
Kom nader
Kom dieper
Tot in My mooiste hart

Ek wil hê julle moet by die diepte
Van wie Ek is uitkom
Ek wil hê julle moet ophou
Om ander dinge bo My te bemin

Begin asseblief om al julle hoop
Wie julle is, wat julle het
Begin asseblief
Om dit op My te plaas

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Julle kan nie toelaat dat iets ons skei
Julle kan nie toelaat dat iets tussen ons inbeweeg

Julle moet altyd so versigtig wees
Julle moet weet dat Ek Abba-God is
Julle moet weet dat die vyand
Altyd weer probeer om sy voet in die deur te kry

Hou daarom vas My liefste kinders
Hou asseblief vaster aan My
Staan vas in julle vryheid en oorwinning
Verkry aan die kruis van Golgota

My kinders Ek wil julle nie weer
Onder ‘n juk plaas nie
Ek wil julle nie onder ‘n juk hê nie
Ek wil hê julle moet vry wees om vir My te leef

Wees dan sterk sê Abba-God
Glo in My
Wees reg
Die dag wat Ek My Seun stuur om jou te kom haal

Ek wil rerig vra dat julle
Soos Ek oor dinge sal begin glo
Dat julle soos Ek
Sal begin praat daaroor

Kinders asseblief
Dis genoeg dat julle glo
Julle is reg
Maar eintlik is julle so verkeerd

Begin asseblief glo
Soos Ek oor dinge glo
Begin asseblief om dinge te sien
Soos wat Ek dit sien

Ek is so lief vir julle
Sê Abba-Vader
En dis My hart
Dat julle oë vir die waarheid sal begin oopgaan

Begin glo soos Ek
Begin sien soos Ek
Begin om te loop soos Ek
Dit is wat Vader vra

Dis hoe julle kan weet
Liefste kinders
Dat julle My kinders is
As julle in My weë loop

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s