Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Goue Hart

Begin glo in My
Liewe wêreld
Begin asseblief om te glo in My
Dit is wat Vader vra

Begin om te doen
Wat Ek vra
Begin asseblief
Om in My weë te loop

Daar is te veel dinge
Wat julle bo My plaas
En dit hoort nie so nie sê Abba-God
Dit hoort nie so nie

My hart behoort aan kinders
Bereid om te vra daarna
Sê Abba-God
Bereid om die pad saam met My te loop

Ek wil hê julle moet begin
Om My vaster te hou
Sê Abba
Ek wil hê julle moet in My glo

Daar is niemand soos Ek nie
Sê Abba-Heer
Julle moet dit weet liefste kinders
Julle moet dit weet

Kom en kom leer by My
Sê Abba
Kom sien en ervaar
Al die wonderlike goed wat deel is van My

Daar is soveel mooi dinge
Wat in die dieptes van My lê
Soveel mooi dinge
Wat Ek wil hê julle moet kom vind

Kinders
Sal julle asseblief nader kom
Sal julle begin om tyd met My te spandeer
Sal julle kom vind dat Ek rerig is

Ek is nie
Soos baie mense glo
Ek is inteendeel baie beter
Ek is inteendeel baie mooier

Mense wat My ken
Mense wat weet wie Ek is
Hulle weet dit sê Abba-God
Hulle weet dit

Dis daarom dat Ek vra
As jy verkeerd-glo oor My
As jy nog nie by die mooi van My hart en wie Ek is uitgekom het nie
Kom dieper, kom vra na meer van My

Dit is wat Ek vir julle wil gee
Dit is wat Ek julle wil leer
Kom nader
Kom net nader aan My

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s