Byt vas, Nuwe hoop

Kinders van Hoop

Dis tyd vir hierdie wêreld
Om die verlange vir hoop
Die verlang vir vrede in hulle hart
By My te kom vind

Weet julle liefste kinders
Kinders van die wêreld
Dat Ek die Antwoord is
Op elke liewe probleem

Op alles wat ooit
Die mensehart of pad kan kruis
Daaroor is Ek Heer
So sê Abba-God

Daarom kan julle
Met soveel vrymoedigheid
Julle harte en hande wat smag na hoop
In Myne kom plaas

Kinders van God
Luister vir My
Kinders van Hoop
Dit is wie Ek julle wil noem

Ek wil hê julle moet
In die donkerste van tye
Aan hoop bly vashou
Ek wil hê julle moet daaraan kleef

Dinge kan en gaan
Altyd beter raak
As julle net liefste kinders
Altyd julle oë op My bly hou

Kinders van hierdie wêreld
Dit is nie vir julle nodig
Om sonder hoop op aarde te wees
Julle moet net julle vertroue in My kom plaas

Ek is die Een wat die Antwoord is
Sê Abba-God
Ek is die Enigste Een
Wie aan elke mens WARE HOOP gee

Ja sê Abba-God
Selfs in en met die wêreld se seer
Selfs met alles verkeerd wat julle omring
Ek is die Enigste Een

Ek wil hê julle moet julle vertroue
Weer in My kom plaas
Asseblief liefste wêreld
Kinders kom nou

Ek weet waarmee Ek besig is sê Abba-God
Selfs al lyk dit nie so
Daarom wil Ek nie hê
Julle moet ooit hoop verloor

Dis nie nodig nie
Dis rerig nie nodig
Dat julle nie in My glo sê Abba
Veral as Ek die Een is wat reg glo

Kinders asseblief hoor vir My
Hoor My hart
Kom nader
Kom nog ‘n bietjie nader aan My

Ek is die Antwoord
Op al julle probleme
Ek is die Een wat julle laste
Saam met julle wil dra

Begin asseblief om in My te glo
Ore begin oopgaan
Oë begin sien
Ek is die Een wat die Antwoord is

Op al julle vrae
Op al julle probleme
Ek is die enigste een
Wat die regte antwoorde gee

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s