'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Net 1 kan wen

Is jou hart seer
Van al die donker verdriet
Wat hierdie wêreld
En sy dinge vollê?

Daar is soveel dinge
In hierdie wêreld
Donker dinge waaraan Ek
Nie wil hê My kinders moet deelhê

My liefste kinders verstaan julle nie
Ek is die Koning van Lig
En dit is die pad
Waarop Ek so graag wil hê julle moet loop

Liefste kinders asseblief
Luister vir My
Duisternis en Lig
Hulle sal nooit nie een wees

Duisternis is nie van My nie
Sê Abba
Daarom verstaan Ek nie aldag nie
Hoekom My kinders haar pad wil aanhou loop

Hoekom kies julle nie lig nie
Hoekom kies julle duisternis
Hoekom kies julle om nie op My weë te loop nie
Maar op hare

Kinders asseblief
Luister vir My
Daar is nie twee paaie
Waarop My kinders moet loop

Want dit is dikwels wat julle doen
Sê Abba
Julle soek vir My
Maar julle soek ook vir haar

Kinders van die wêreld
Kinders van My
Ek wil vra dat julle harte
Heelhartig aan My sal behoort

Ek gee om vir julle
My liefste kinders
En as Ek julle vra om op My weë te loop
Is dit omdat Ek die beste vir julle wil hê

Dis waar My kinders dit dikwels mis
Sê Abba Vader
Hulle is lief vir My
Maar hulle is ook lief vir haar

Kinders dis tyd dat julle kies
Want net een gaan tot op die einde staan
Net een van ons
Gaan dit in jou lewe maak

Nie altwee van ons kan en gaan wen nie
My liefste kinders
Ek wil hê dat julle
Dit sal begin weet

Daar is baie dinge in hierdie wêreld
Wat weer skeiding
Tussen ons twee wil bring
Dis daarom dat julle oë moet oop wees

Kyk na My liefste wêreld
Kyk na My liefste kinders
Moenie die dinge van die wêreld
Bo My en die van My plaas

Stel My eerste sê Abba
Asseblief in al jou wel en weë
Eerste
Sodat julle waarlik die lewe sal vind

My kinders
Ek is lief vir julle
Ek gee om
Dis daarom dat Ek vra luister asseblief vir My

As My kinders
Dit net wou begin glo
As hulle net rerig wou weet
Dat Ek waarlik die Antwoord is

Dinge sou soveel beter vir julle wees
Soveel beter
As julle net wou kom
Dit rerig wou glo

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s