Blinde oë, Nuwe hoop

God se grootste vreugde

Behoort jou hart al aan My
Dit is wat die Koning
Van al die konings
So graag wil weet

Daar is niks in hierdie wêreld
Wat My blyer maak
As om nog een mens
‘n Kind van My te noem

Dis My grootste vreugde
My grootste blydskap
Dit is wat My hart die blyste maak
Om nog iemand ‘n kind van God te noem

Daar is dikwels dinge
In hierdie lewe
Wat keer dat dit kan gebeur
En dit is waaroor Ek baie hartseer is

Daar is geen groter vreugde in My hart
Geen groter blydskap
As om jou My kind te noem
Daar is niks wat My blyer maak

Ek verstaan dikwels nie sê Abba-God
Hoe mense My een vir een kan bly wegwys
Hulle moet rerig nie besef
Waarvoor hulle nee sê

Soveel lewe en oorvloed
Wat Ek saam met My bring
As mense dit net wou begin raaksien
My waarlik ‘n kans gee

Julle weet nie waarvoor julle nee sê
Wat julle weg wys
Julle het geen idee
Dit is wat Vader sê

Kinders van die wêreld
Kinders van My
Ek nooi julle nader aan My hart
Ek wil hê elkeen moet sy woning daarbinne kom maak

Kinders asseblief
Hou op nee sê
Hou op daarmee
Dit is nie hoe Ek wil hê dit moet wees

Liefste kinders
Julle moet begin ja sê
Vir alles van My
Julle oë op My bly hou

Ek weet waarmee Ek besig is
Sê Abba-God
Iets so groot
Iets so mooi

Hou op liefste kinders
Asseblief hou op
Ek wil julle meer gee
As waaroor julle kan droom

As Ek net kinders kan kry
Wat dit saam met My glo
Wat saam met My droom
Wat My hulle Anker in die lewe maak

Kinders asseblief
My drome vir julle is groot
As Ek net iemand kon kry
Wat ja sê daarvoor

Is daar iemand daarbuite
Wat bereid is om sy of haar vertroue
In My te plaas?
Dit is wat Ek so graag wil hê

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s