Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Ewige Anker

Weet julle dat Ek
Die Antwoord is
Liewe wêreld
Weet julle dit?

As julle net
Wou begin ja sê
Vir al die wonderlike dinge
Wat Ek julle wil leer

Liefste kinders
Liewe wêreld
Asseblief luister
Julle sal nie genoeg van My kan kry

Daar is soveel meer
Sê Abba-God
Soveel meer is vir My kinders voorberei
As hulle net daarvoor wou ja sê

Kom My liefste kinders
Kom asseblief
Wêreld julle ook
Kom nog nader aan My

Dis genoeg
Sê Abba-God
Dat mense dink Ek verlei
Dat hulle dink Ek nie is wie Ek rerig is

Kinders luister asseblief vir My
Ek is die Ewige EK IS
Ek is die Antwoord op elke probleem
Daar is niks waarvan Ek nie weet

Daar is ook niks wat Ek nie kan doen
Dis al baie lank sê Abba-God
Baie lank dat Ek hierdie wêreld vra
Om My te vertrou

Dat Ek haar vra
Om haar vertroue in My te stel
Dat Ek haar vra
Om My te glo

Wanneer gaan dit wees
Wanneer wonder Ek dikwels
Kom liefste kinders, kom
Die tyd is nou

Daar is geen beter tyd
Om jou vertroue in My te stel
Ek wil hê julle moet dit glo
Ek wil hê julle moet dit weet

My oog is op die
Wie My hulle God noem
Ek weet van hulle
Elkeen

Ek sal julle nooit alleen los nie
My liefste kinders
Ek sal altyd tot-die-einde
Naby aan julle wees

Ek gee om sê Abba-God
Met ‘n ewige liefde
Ek sal julle nooit
Sommer net verlaat nie

Belowe My Woord nie
Glo in God, glo ook in My
Ek het My Seun gestuur om jou te bevry
Ek sal altyd by jou wees

Dis die mooiste beloftes
My kinders
Waaraan julle kan vashou
Omdat dit die waarheid is

Ek weet waarmee Ek besig is
Sê Abba-God
Ek weet
Daarom kan julle My vertrou

Julle kan elke dag
‘n Bietjie meer oorgee
Julle harte, julle oë
Op My bly hou

Nooit sal Ek julle
In die steek laat
Die wie My hand
Tot aan die einde bly vashou

Dit wil Ek hê julle moet weet
Dit wil Ek hê julle moet aanhou glo
Al wankel die aarde, al skuif die berge
My liefde vir julle sal nooit

Julle kan My vertrou
Julle kan My vertrou
Dit is liefste kinders
Wat julle altyd moet weet

Julle kan julle oë op My bly hou
Julle kan, julle kan
Al val die berge in die see
Ek sal julle nie verlaat

Vertrou julle My
Weet julle dit
Want dit is wat nodig is sê Abba
Om dit tot op die einde te maak

Dit help nie julle sê
Julle glo
Maar julle oë is nie op My nie
Dit gaan nie so werk

Kinders al wat julle gaan deurdra
Tot op die einde
Is as julle glo
Wat in julle Bybels staan

Ek is die Ewige Rots
Ek is die Ewige Anker
Julle moet julle huis op My bou
Ek sal nooit wankel nie

My liefste kinders
My Woord is WAAR
En Ek wil hê dat julle
Aan elke belofte moet vashou

As My Woord beloof
Ek sal in vure saam met julle wees
Moet julle dit glo
Daarop vas bly staan

Ek sal julle nooit
In die storms van die lewe
Verlaat nie
Julle kan My vertrou

Die hoë waters
Sal julle nie oorstroom nie
Saam My liefste kinders
Saam gaan ons daardeur

Sal julle My asseblief glo
My liefste kinders
Sal julle My glo as Ek vir julle sê
Julle kan op My staatmaak?

Julle kan My bly glo
Sê Abba-Vader
Selfs in die diepste, donkerste waters
Weet Ek is altyd naby

Ek sal julle nooit verlaat nie
Liefste kinders
Ek sal altyd
By julle wees

Ek wil hê julle moet My glo
Ek wil hê julle moet My bly vertrou
My hand en oog sal tot op die einde
Op julle wees

Amen My liefste kinders
Amen
Dit is so
Julle kan dit bly glo

Deur die donkerste, diepste storms
Sal Ek by julle wees
Maak nie saak waardeur julle gaan
Kinders julle is NOOIT alleen

Sal julle julle oë op My bly hou?
Nooit opgee nie?
Sal julle?
Kinders dit is al wat Ek van julle vra

Alles wat julle nodig het
Om oor hierdie wêreld en sy dinge te triomfeer
Het Ek julle gegee
My Woord en My Gees

Gebruik hulle
Sê Abba-God
Wees sterk
Groei

Ek is by julle
Liefste kinders
Ek is by julle
So sal dit altyd-altyd wees

Ek sal julle nooit los nie
My liefste kinders
Ek is by julle
Tot die einde en dan weer

Hou julle oë op My
Hou julle oë op My
Dis al wat Ek vra
Ek wat die Ewige Anker van HOOP en Genade is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s