'n Seer hart, Liefde so groot, Nuwe hoop

Genade in oorvloed

Gunste en goeie gawes
Dikwels kom klop hulle aan jou lewensdeur
Tog hou jy aan
Om nee daarvoor te sê

Dis iets wat Ek moeilik verstaan
Sê Abba-God
Hoe mense vir My genade
Kan aanhou nee sê

My liefste kinders asseblief
Verstaan julle nie
Uit genade is julle gered
En nie uit verdienste nie

Goeie werke gaan geen mens
Ooit in die hemel bring
Slegs die wat My vertrou het
Hulle harte oorgegee het vir My

Liefste kinders
Ek weet dit is partykeer
Vir julle moeilik om dit te verstaan
Maar julle moet glo

Julle moet glo dat Ek
‘n God van groot liefde
En vergifnis is
‘n God wat alles nuut maak

Ja sê Abba-God
Ek sal die verlede vergeet
Vergeet
Alles wat agter lê

My liefste kinders asseblief
Dis nie My hart
Om My kinders konstant
Op ‘n plek van veroordeling te hou

Ek het gekom om julle
Vry te maak van sonde
Vry te maak van alles
Wat julle harte bly pla

My liefste kinders asseblief
In My is Ewige Genade
Genade wat jy op geen ander plek
Ooit sal vind

Liefste kinders
Asseblief sal julle kom
Julle vertroue in My Seun
En ons liefde vir jou kom plaas?

Ons genade is genoeg vir jou
Sê Abba-God
Daar is niks wat skeiding kan bring
Ons gee nie om wat het jy al gedoen

Kinders van die wêreld
Kinders van God
Glo vir My
Ek maak alles nuut

Dit wat in die verlede lê
Dit wat agter jou is
In die bloed van My Seun
Moet jy weet dit is vergeef

Jy kan kom sê Abba-God
Jy kan kom net soos wat jy is
Moenie terughou nie sê Abba-God
Jy is goed genoeg vir My

Hierdie is ‘n leuen
Wat die duiwel mense dikwels vertel
Alles om hulle
Van My te weerhou

Kinders asseblief luister vir My
My genade was, is en sal altyd genoeg vir jou wees
Daar is niks of niemand
Wat ons nie sal vergeef

Almal kan kom
Almal
Net soos wat julle is
Asseblief kom na My

Ek wil nie hê
Dat die dinge van die wêreld
Moet aanhou
Om skeiding tussen ons te bring

Ek wil jou vergeef
Ek wil jou ‘n nuwe mens maak binne-in
Ek wil jou ‘n kans gee
Om voluit vir My te leef

Sal jy ja sê?
Sal jy My innooi?
Uit genade is julle gered
Nie omdat julle alles kan reg doen

Glo My dan asseblief
Sê die Heer
Kom asseblief
Net soos wat jy is

‘n Nuwe lewe
Wil Ek aan jou skenk
‘n Nuwe Begin
Dit is wat die Vader sê

As jy net wou ja sê
As jy net wou kom
Liewe kind als kan vandag begin
Jy moet My net innooi

Maak My asseblief
Die Koning, Meester
En Eienaar van jou lewe
Kind sal jy dit asseblief doen?

Soveel mooi dinge
Wat hieruit sal voortvloei
Julle sal dit skaars kan glo
As julle net vanuit die hart wou ja sê

Bedoel wat julle sê
Asseblief wanneer julle sê dat julle My sal volg
Dit beteken vir My baie
Dit sê julle glo dat Ek rerig is

Baie dankie liefste kinders
Dat julle kom
Dat julle My glo
Dat julle vir My en My manier ja sê

Ek eer julle sê Abba
Almal van julle wat julle vertroue in My plaas
Dit beteken vir My baie
Bitter-baie sê Hy

Ek seën julle My liefste kinders
Almal wat in My glo
Lewe en Oorvloed
Mag dit jou pad besaai

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s