Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Wonderlikste ding!

So baie kere wat julle
Afdwaal, wegdwaal
Met harte wat nie
Wil terugdraai na My

Op ‘n tyd het julle
My goed gedien, liefgekry
Maar toe het die wêreld weer
Voet in die deur gekry

Dit gebeur met baie van My kinders
Sê Abba-God
Eens op ‘n tyd was hulle vuurwarm
Maar toe het hulle weer lou geraak

My liefste kinders
Julle moet nooit toelaat
Dat die passie en liefde vir My
In julle harte verflou

Nee My kinders
Julle moet deurdruk
Nader trek aan My
Veral in tye wat dit moeilik gaan

Dis hoekom julle
Elke dag
Verhouding
Met My moet bou

Kinders dis so belangrik
Om elke dag by My uit te kom
Om ‘n draai by My te kom maak
Anders gaan hierdie wêreld jou net weer verlei

Kinders dis so maklik
Om van My af weg te dwaal
As julle nie elke dag hoor
Wat My Woord vir julle sê

Daarom moet julle elke dag toelaat
Dat My Woord
Julle harte besny
Julle lewens skoner was

My liefste kinders
Ek wens julle kon dit sien
Ek wens julle kon dit glo
My Woord is die wonderlikste ding!

Kinders My Woord is
Pragtig
Gesond
Wat jy nodig het om in hierdie wêreld te oorleef

My kinders dis My Stem
Dis 1 van die wonderlikste maniere
Waarop Ek met julle praat
Hoekom hou julle aan nee daarvoor sê

Kinders julle moet dit nie meer doen nie
As julle My beter wil leer ken
Moet julle asseblief begin
Om julle Woord te lees

Kinders dis waar julle My vind
In die bladsye van My Woord
As julle dit net wou begin lees
As julle dit net wou begin glo

My Woord het die potensiaal
Om jou lewe te verander
Sê Pappa-God
Jy sal nooit ooit weer dieselfde wees

Kinders luister asseblief vir My
Doen wat Ek vra
Kinders wat nader aan My wil beweeg
Begin asseblief hier

Begin om tyd met My te spandeer
Sê Pappa-God
En asseblief hou aan
Elke dag

Kinders julle kan nooit nalaat
Om by My uit te kom
Kinders dis waar julle HOOP ontvang
Dit is waar julle groei

Kinders asseblief luister vir My
Dis wanneer dit nie gebeur
Wanneer My kinders nie tyd vir My in hulle lewens maak
Dat hulle agterweë bly

Kinders asseblief
Luister vir My
Ek wil hê julle moet groei saam met My
Ek wil hê julle harte moet vuurwarm aan-die-brand bly vir My

Kinders sal julle dan asseblief
Tyd met My spandeer
Dit ‘n daaglikse instelling maak
Sodat Ek jou met My liefde en waarheid kan seën

Kinders sal julle asseblief aanhou
Nooit ophou
Dit is die kern sê Abba
Julle moet baie gereeld by My uitkom

Dis hoe die vlam in julle gees se vuur
Bly brand My liefste kinders
As julle elke dag
By My uitkom

Kinders moet dit asseblief
Nie agterweë laat bly
Maak dit ‘n hoë prioriteit in julle lewens
Kyk hoe dat Ek julle seën

Weet 1 ding
Julle gaan moet aanhou daarmee
Totdat My Seun terugkom
Dis wat julle tot dan sterk gaan hou

Kinders asseblief luister vir My
Om elke dag te groei
In liefde vir My
Dit moet baie belangrik vir julle wees

Hoekom is dit nie so nie
Sê Pappa-God
In baie van My kinders se lewens
Tel tyd met My spandeer glad nie

Kinders asseblief
Luister vir My
Julle moet tyd maak om by My uit te kom
Julle moet My liewer kry

Asseblief liefste kinders
Hou asseblief op om die wêreld en haar dinge
Altyd bo My te plaas
Wanneer gaan Ek ‘n bietjie wen?

Julle besef dit nie
Maar wanneer Ek wen
Wen julle ook
Eintlik op groot skaal

Waar gaan Ek kinders kry
Wat My hart vertrou
Sê Abba-God
Wat sal luister as Ek vra

My liefste kinders
Asseblief
Luister vir My
Doen asseblief wat Ek vra

Begin om tyd met My te spandeer
Maak dit die belangrikste hoogste prioriteit van jul lewens
En sien hoe ook alles anders in julle lewens
Draai vir goed

Kinders Ek is lief vir julle
Met ‘n ewige liefde
Sê Pappa-God
Ek wil so graag hê julle moet nader aan My kom

Kom nader sê Pappa-God
Nog ‘n bietjie nader
Kom vind die diepte in My hart
Daar is soveel wat Ek met julle wil deel

Kinders daar is soveel mooi
Wat in My binneste lê
En wag vir julle
Om hulle te kom vind

Hoekom kom julle nie dieper nie
Hoekom kom soek julle nie
Al die verborge skatte
Wat in julle Koning se hart wegkruip

Kinders Ek wil hê
Julle moet kom vind
Dit is My grootste hartsbegeerte
Dat kinders My hart sal kom naspoor

Dis die eer van konings
Sê Abba-God
Om te kom naspoor, om te kom vind
Wat in My hart verborge lê

Begin asseblief vandag
Vra Pappa-God
Begin asseblief vandag
Om My dieper in julle harte in te nooi

Kinders julle moet nie stop nie
Julle moet aanhou
Julle moet weet
Daar is altyd meer

Altyd meer
Wat Ek met My kinders wil deel
As hulle net daarna wou begin vra
My daarvoor wou vertrou

Kinders julle kan nader kom
Dieper
Elkeen van julle
Kan waarlik My hart opspoor

Kinders dit is vir almal
Almal wat bereid is
Om te kom en te sê
Ek gaan en wil vind

Kinders daar is meer
Daar is dieper
Sal jy asseblief kom vra
Vader gee my meer

Dis My grootste
Diepste hartsbegeerte
Dat My kinders se harte
Myne in volheid sal vind

Kinders Ek wil My genade
Oor jou uitstort
Al My liefde
Daarin wil Ek jou toevou

Kinders asseblief luister vir My
Kom dieper
Kom vra vir meer
Vra na alles van My

Kinders dit maak My hart so bly
So bly!
As Ek sien
Kinders wat ja sê vir hierdie soeke na My

My liefste kinders
Dit maak My hart so bly
So bly!
Dankie dat jy ja sê vir die VOLHEID van My!

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s