Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

‘n Goeie gebed

Kinders julle moet nooit
Ophou soek nie
Daar is altyd meer sê Abba-God
Daar is altyd meer

Kinders Ek vra dat julle
My hart sal begin vertrou
Meer en meer
Dat julle rerig daarna sal vra

Kinders julle moet nooit
Bang wees om na meer te vra
Daar is geen groter vreugde vir My
As om My hart met jou te deel

Kinders dis omdat Ek so graag wil hê
Ek en jy moet 1 wees
Dis omdat ek so graag wil hê
Jy moet waarlik van My hoor

Kinders asseblief
Hoor hier
Kom ‘n bietjie nader aan My hart
Laat toe dat Ek jou meer wys

Kinders dit beteken vir My
Sooo baie sê Abba-God
Sooo baie as Ek sien
Mense sê ja om My te vind

Dankie liefste kinders
Dat julle nader kom
Dat julle ag gee op My woorde
Dat julle My diepte kom vind

Kinders Ek is so trots op julle
Sê Pappa-God
So trots op die wat bereid is
Om My diepte te kom naspoor

Dit maak My hart bly
Sê Pappa-God
As Ek sien dat jy ja sê vir My
Dat jy My beter wil leer ken

Dankie My liefste kinders
Dankie
Dit beteken vir My baie
Dat julle bereid is om ook uit te reik na My

Ek beantwoord altyd gebede
Wat vra na dieper en meer van My
Sê Abba-God
Want dit is wat My grootste begeerte bly

Kinders wat ja sê vir die kruis
Kinders wat ja sê vir My hart
Liefste kinders maak dit asseblief ook dan julle hartsbegeerte
Die opregte gebed van julle hart

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s