Liefde so groot, Lofprysing

Diep dankbaar

My Koning is so groot
Hy is so mooi
Hy is so wonderlik
Hy maak my hart verskriklik baie bly

Om elke dag van Hom te hoor
Om te weet dat Hy my so baie liefhet
Daar is geen beter of sterker Anker
As Hy in die lewe te verkry

Dankie Abba Pappa
Liefste God
Dat U alles is vir my
Dat ek kon ja sê

Ek is so diep dankbaar
U het my kom haal
Ek is so diep dankbaar
U weet rerig van my

Waar gaan hierdie wêreld
Ooit ‘n beter, mooier
En groter god as U kry
U is die enigste een wat lewe is

Abba-Vader
Dit maak ons harte so bly
Ons wil aanhou sing
Van U liefde en genade groot

U liefde het soveel dinge
In my lewe kom verander
Dit het my kom nuutmaak
My heel binne-in

Ek is so dankbaar
U is die God wat rerig vergeef
Ek is so dankbaar
U is die Een wat aan elke mens ‘n nuwe kans gee

Die verlede en verkeerd
Sal U nooit teen ons hou
As ons U Seun aanneem, in Sy bloed glo
Is ons ‘n nuwe mens!

Dankie Abba-God
Vir die versekering
Dat die wie in U glo
Nooit ooit beskaamd sal staan

Abba-God U genade
Liefde en vergifnis teenoor ons
Dit is so baie groot
En ons is diep dankbaar daarvoor

Dankie dat U hierdie wêreld
Kom red het
Selfs al wil baie mense
Tot en met vandag nie ja sê

Abba-God dit maak my bang
Baie bang
As ek aan die ewigheid sonder U
Bly dink

Vader ek wens dit was nie nodig gewees
Vir 1 mens om hel toe te gaan
Ek wens almal wou vir U verlossing
Ja sê

Abba-God
Sal U ons asseblief help
Elke mens meer en meer
Om waarlik in U te glo

Dankie Abba Pappa liefste God
Dat U, U Seun gegee het vir ons
Aan die kruis het Hy gely
Om vir ons lewe en ewige oorwinning te bring

Pappa-God ons wil in U Seun bly glo
Ons wil Hom nooit die deur van ons harte wys
Nee Abba ons wil Hom veel eerder
Vol innooi

Vader U is so goed
U is so mooi
My gebed is waarlik
Dat die hele wêreld dit sal glo

Help ons asseblief Abba
Om elke dag
‘n Bietjie nader
Aan U te beweeg

Om U elke dag
‘n Bietjie liewer te kry
Om U elke dag
Nog ‘n kans te gee

Vader-God U is groot, U is wonderlik
Ons wil U lof bly besing
Altyd meer en meer
Diep vanuit ons harte, weer en weer

Wie is daar
Wat dit meer as U verdien
Daar is geen ander een
Nie een, ja nie een

Ons harte sal in U bly glo
Vaster wil ons elke dag aan U hou
Totdat die dag kom Abba
Wat ons vir altyd en ewig by U sal wees

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s