Byt vas, Nuwe hoop

Loop op water saam met God

Halleluja, Amen
Dit is wat ons harte wil bly sing
Ons sal aanhou glo
Al wil so baie hê ons moet opgee

Opgee op U Woord
Opgee op wie U is
Dit sal ons nooit kan doen
Want ons weet

U is die Een
Wat in ons harte
Woon en leef
Daar is niemand soos U

Daarom sal ons harte
Aanhou glo
Nooit moed opgee
Of permanent moed-verloor

Al raak die wêreld en sy dinge
Partykeer ‘tough’
Al is dit dikwels moeilik
Om kop bo water te hou sal ons onthou

Daar is ‘n God wat leef en triomfeer
Oor elke donker satansmag
Oor elke donker golf
Wat ons wil verswelg

Ons kies
Om in die donkerste dieptes te onthou
Dis ons Koning wat op die water loop
Dis Hy wat die onmoontlike moontlik maak

Al bly uit-die-boot-uit-klim
Dikwels iets
Wat ons nie wil doen
Wil ons dit tog doen

Want ons weet
Dat dit ons leer groei
Ons weet dat dit
Ons geloof sterk maak

So wanneer moeilike tye kom
En hulle kom dikwels
Wil ons net soos Petrus ons oë
Op die Koning en nie die water wat ons omring hou

Want die storm kan hoe woes woed
Maar dis ons Vader-God
Wat in die midde daarvan
Berusting bring

Ons wil ons oë dus op Hom bly hou
Dit nooit van Sy wonderlike blik afhaal
Want ons weet
Dit is die vinnigste wat ons bly sink

Nee sê Abba-God
Nee My liefste kinders
Julle moet in die moeilikste tye van die lewe leer
Hoe om julle oë op My te hou

Dis hoekom Ek hulle toelaat
My liefste kinders
Vir julle en julle harte
Om geloof te bou

My liefste kinders
Daar is NIKS wat Ek nie kan doen nie
Daarom wil Ek vra
In die moeilikste tye van die lewe

Trek asseblief nader aan My
Trek nader as wat jy nog ooit was
My liefste kind
Trek asseblief nader

My liefste kinders
Ek sal julle nooit verlaat nie
Al vertel die duiwel julle dit gereeld
Wil Ek vra dat julle hom nie sal glo

Nie hy of die wêreld
Is groter as Ek
My mag
Of krag nie

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet en glo
Dat ook Ek die antwoord is
Op al julle daaglikse vrae

Kinders Ek het alles geskep
Ek weet van alles
Daar is niks waarvan Ek nie weet
Ek kan alles doen sê ons liefste God en Koning

Daaraan hoef julle nooit te twyfel nie
Ek weet wat Ek doen
Ek weet hoekom Ek dit toelaat
Kinders julle hoef nie bang te wees nie

Die einde is baie beter as die begin
Liefste kinders asseblief hou vas
Weet dat Ek die Antwoord is
Op al julle vrae, op al julle seer

Ek weet dat julle dikwels
Nie verstaan
Hoekom aardse goed
Partykeer gebeur

My liefste kinders
Ek wil vra dat julle
My hart sal vertrou
En Hy is altyd mooi

Asseblief glo My
Liefste kinders
As Ek vra dat julle moed hou
As Ek vra dat julle jul oë op My hou

Liefste kinders dit wat Ek begin het
Is Ek by magte om te voltooi
Julle moet net aanhou glo
My hand bly vashou

Moenie ooit los nie liefste kinders
Moenie ooit dink aan opgee
Al raak dit hoe moeilik
Al raak dit hoe donker

Onthou dat Ek die Ewige Lig is
En dat daar in My geen duisternis is
Ek maak julle laste lig
Sê Abba-God

Ek maak dit lig
Omdat Ek die Een is
Wat julle help om daaraan te dra
Kinders julle hoef dit nooit alleen te doen

Dit is hoekom Ek daar is
Al wat Ek vra is hou My in oë
As dinge rerig moeilik raak
As jy net nie meer alleen kan dra

Moenie skaam wees om te bely
Abba-God
Ek benodig U hulp
Ek kan nie alleen my laste dra

My liefste kinders
Dit is en bly die grootste voorreg
Om My kinders te help
Om hulle deur die storms te dra en styf vas te hou

Daar is vir My geen groter vreugde en voorreg
Om My arms van liefde om julle te slaan
Om te sê dat Ek omgee
Om kalmte en berusting in julle harte te bring

Kinders dit bly vir My
Die grootste, grootste voorreg
Ek wil julle so graag help
Ek wens julle kon dit sien

My liefste kinders
Hou asseblief moed
In die storms van die lewe
Moenie opgee

Al raak die water diep
Al raak dit donker
Ek sal My oë nie van julle afhaal
Ek is daar

Reg en gereed
Om julle weer op te help
Asseblief liefste kinders hou julle oë op My
Dis al hoe julle nie tussen die waters gaan verdwyn

Saam sal ons op water loop
My liefste kinders
Dis wat Ek julle wil leer
Dat Ek baie groter as die storm is

Dis daarom dat Ek vra
Hou julle oë net op My
Moenie dit afhaal nie liefste kinders
Hou dit asseblief op My

Saam gaan ons dit maak
Kinders julle kan dit maar glo
Nooit sal Ek My oë van julle afhaal
Sê Ek weet nie wie julle is

Julle is My liefste kinders
Dit weet Ek goed, daarom kan julle
In die storm en ook goeie tye van die lewe
Julle oë op My bly hou

Gefokus liefste kinders
Bly gefokus
Dis hoe ons dit maak
Jou hand en oë stewig in die van Myne

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s