Byt vas, Liefde so groot

Liefde-bloeisels

My oog is op julle
Sê Abba-Vader
Ek weet van julle
Ek sal julle nooit-ooit laat gaan

Weet julle dat Ek julle
Ongelooflik baie liefhet
Weet julle dat Ek omgee
Meer as wat julle kan verstaan

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Dat Ek in julle glo
En dat niks julle uit My hart kan steel

Liefste kinders
Julle is en was en sal nog altyd
Die belangrikste
Van al die skepping vir My wees

Om julle intiem te ken
Om julle intiem lief te hê
Kinders dit bly vir My
Die grootste voorreg en wonder

Kinders Ek wil hê julle moet kom
Waarlik aan My begin oorgee
My diep vanuit julle hart
Werklik ‘n kans gee

My liefste kinders
Daar is niks in hierdie wêreld
Wat My ooit so bly kan maak as om te weet
Ook jy gee om vir My

Dit beteken vir My so baie
Sê die Koning van die konings
Ek wil hê julle moet dit weet
As julle besluit om waarlik na My te kom

Dit is vir My die wonderlikste ding
Dit bly maar mooi
Dis iets wat my hart ongelooflik bly maak
Dis iets waarmee niks anders vergelyk

o Wanneer My kinders
Diep vanuit die hart begin oorgee
Wanneer hulle My
Met hulle alles vertrou

Dit bly vir My die mooiste mooi
Ware oorgee
Diep vanuit die hart
Mense wat dit waarlik bedoel

Liefste kinders dankie
Dat julle in My bly glo
Dat niks ons ooit kan skei
Omdat julle jul oë op My bly hou

Dankie dat julle My ook liefhet
Dat julle aanhou vashou
Dat niks julle kan verhinder
Om My wil te doen

Abba-God ons gee U alleen
Al die lof en eer
Ons sê dankie
Baie dankie vir wie U waarlik is

Blinker as die blinkste middagson
Dit is U en ons sê
BAIE DANKIE daarvoor
Daar is net niks en niemand soos U ons liefste God

Ons harte sal aanhou glo
Deur U genade Heer
Wat ons styf vashou
Sal ons nooit opgee

Ons sê dankie Abba-God
Vir U liefde en genade
Vir wie U is
Die ewige, wonderbaarlike groot en ware Koning

Halleluja, Amen
Halleluja, Amen
Dit sal ons harte bly sing
Ons is so bly dat ons in U glo

U is die WARE Koning
U is die Ewige Koning
Dankie Abba-God
Vir die groot, wonderlike genade

Dankie Abba-God
Dat U ons liefhet
Dat U ons so duur
Kom terugkoop het

Dit beteken vir ons so baie
U was bereid om U Seun te stuur
Om ons net weer ‘n kans
Op die lewe te gee

Dankie Abba-God
Vir U wonderlike genade
U liefde en dat niks
Ons ooit daarvan kan skei

Dankie Abba-God
Vir wie U is
Sal U ons asseblief help
Om elke dag meer en meer oor te gee

Om U meer te vertrou
Om U meer te glo
Selfs al sê die wêreld en sy dinge
Dat daar nie antwoord is

Op U Woord
Sal ons bly staan
Elke dag nog ‘n stukkie stywer
Aan U hart en die mooi daarvan vashou

Aan U liefste God
Wil ons al die lof en eer toebring
Ons wil dankie sê
Dat U so wonderlik is

Meer en meer
Wil ons U bemin
U wat die ware
En ewige God is

Glorie aan U Naam
Wil ons aanhou sing
U wat die Groot Koning is
U wat altyd so naby aan ons is

Ons gee U al die lof en eer
Ons harte Vader
Wil U elke dag
‘n Bietjie meer vertrou

Dankie dat U
Ons die genade en krag gee
Om aan U te bly vashou
In die diep en donker tye van die lewe

Dankie dat niks ons ooit
Van U liefde sal kan skei
Dat U die antwoord is en bly
Op elke menslike vraag

Abba-God U is groot
En U is wonderlik
Omdat U is, is ons
Ons gee U die lof en dank daarvoor

U is en bly in beheer
Selfs al sê die wêreld wat
Dankie Abba-God
Dat daar niemand soos U is

Ons harte wil voor U bly buig
Ons wil altyd getuig
Van U wonderlike liefde vir ons
En dat U ons in stand hou

Dankie Abba-God
Jesus Christus
U is die wonderlike Koning
Die Een aan wie ons lof en eer toebring

Dankie daarvoor Abba-God
Vir elke voorreg
Baie dankie
Ons is diep dankbaar daarvoor

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s