Lofprysing, Nuwe hoop

‘n Nuwe Begin

Ek voel ek wil net
‘n Dankoffer bring
‘n Lofoffer
Om dankie te sê

Aan my God en Koning
Dat Hy altyd
So wonderlik en goed is
Dat Hy rerig omgee

Dankie liefste God
Vir U wonderlike trou
Dat U altyd naby is
Dat U ons in stormtye dra

Dit beteken vir ons so baie
Om U by ons te hê
Dankie daarvoor Abba God
Baie dankie

U is die Antwoord
Op al ons vrae
Die strydvrae van hierdie wêreld
Kan nie teen U waarheid standhou

U is die Ewige EK IS
Die veilige Rots
By wie ek
Al my dae wil skuil

Dankie Abba-God
Dat U ons so baie liefhet
Dat U ons bemin
Meer as wat woorde ooit kan sê

Dankie Abba-God dat ons kan weet
Elke tong gaan eendag bely
Dat U die Ware God is
Elke knie gaan buig

Abba liefste God
Ons sê dankie vir elke voorreg
Die voorreg om U kind te wees
Die voorreg om aan U te mag behoort

Dankie Abba God
Dit beteken vir ons so baie
Om U in ons lewens te hê
Om U liefde elke dag te ondervind

Sonder U kan ons nie
Die lewe indink
Sonder U wil ons
Nooit ooit hier wees

Dankie Abba-God
Vir U liefde, guns en trou
Dat U by ons is
Dat U ons nooit ooit sal verlaat

Glorie tot die Koning
Glorie tot U wonderlike Naam
U is so waardig
Ewig en altyd

U maak ons harte
So baie bly
U maak dat hulle
Net altyd wil sing

Dankie Abba liefste God
Vir vreugde
Vir vrede
Vir alles wat mooi is en ons elke dag omring

Van die voëltjies wat die nuwe dag
So vrolik verwelkom
Tot die winterson wat vroeër as gewoonlik
Die dag goeienag soen

Abba-God U is so goed
U is so sag
U liefde vir die mensdom
Dit is so wonderlik om te aanskou

Dankie Abba-God
Dat U hierdie wêreld
Nog nooit gelos het nie
Dat U elke dag by ons is

Dit is U teenwoordigheid
Liefde en krag
Wat die aarde en als daarin in standhou
Tog wil so min dit nog raaksien

Abba ons wil dankie sê
Vanuit die dieptes in ons harte
Wil ons U kinders kom bely
Dat ons dankbaar is

Dankbaar dat U by ons is
Deur elke stukkie gevaar
In elke stukkie veilig
Dat U ons nooit, ooit verlaat

Dankie Abba-God
Vir die ongelooflike mooi voorreg
Om U Koning te noem
Die een wat oor my hart en lewe regeer

Dankie Abba-God
Dat U altyd goed is
Dat U hart altyd mooi is
Dat U nooit bedoel om te steel

Dit is omdat U nie soos die vyand is
U het nie gekom om te slag en te verwoes nie
U is anders
In al U weë

Beeldskoon is wie U is
En Abba ons sê dankie daarvoor
Dankie dat U waarlik omgee
Meer as wat ons ooit sal kan verstaan

Dis U liefde wat maak
Dat ons elke dag opgepas word
Dis U liefde wat maak
Dat hierdie wêreld nie sommer net vergaan

Ons is so diep dankbaar
Dankbaar vir U liefde
Wat ons kom red het
Dankbaar vir wie U is

As U enigsins soos ‘n mens was
Was ons lankal reeds verlore
Ewig weg van U
In die verdoemenis

Maar dis omdat U
Groter as die Lewe is
Groter as sonde en duisternis
U is Lig en U het alreeds oorwin

Abba-God dankie dat U ons deur U Seun
Weer die kans gegee het
Om reg te kies
Lewe bo-oor die dood

Want sien die keuse is
Elke dag nog ons s’n
Ons kies sonde en dood
Of ons kies die Seun en lewe

Sonde is wat nog altyd skei
Sonde is op die kruis oorwin
Die Seun het ons ‘n tweede kans kom gee
Om die Lewe weer te vind

Almal wat in Hom glo
Almal wat kom
Het ‘n Nuwe Begin
As ons net sonde en die ou mens neerlê

Is jy bereid om dit te doen
Liefste vriend en vriendin
Seun en dogter van God
Wil jy nie die LEWE betree

Alles sal splinternuut word
Soos wat ons aan Hom oorgee
Soos wat ons Hom vertrou
En nooi om in ons te kom woon

Wil jy Hom nie ‘n kans gee?
Hy is so lief vir jou
Hy het gekom om ons te red
Van die ewige dood te bevry

Gee Hom ‘n kans
Liewe vriend, liefste vriendin
Weet dit Hy maak alles nuut
Hy gee jou ‘n nuwe begin

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s