Liefde so groot, Lofprysing, Nuwe hoop

Outeur van Hoop

U is die Een wat my hart
Met soveel vreugde bewoon
U is die Een
Wat Ware Lewe gee

Ek is so bly
Ek het U na binne genooi
Ek is so dankbaar
Ek het vir U ja gesê

Dankie Abba-God vir die genade
Om dit te kon doen
Dankie dat U nooit iemand wegwys
Dankie dat U nooit nee sê

Abba-God U is so groot
Goed en wonderlik
Dis ‘n vreugde om U Pappa-God te noem
Dis ‘n voorreg om die pad saam met U te loop

Al is die lewe nie altyd maklik nie
Is dit wonderlik om te weet
Dat ons ‘n Anker het
Wat ons deur die lewensstorms styf vashou

Dankie Abba-God
Dat U nie die Outeur van Pyn is nie
Maar van Hoop
En als mooi wat daarbinne woon

Abba-God U is so groot
Goed en wonderlik
Ons wil dankie sê
Vir genade onbeskryfbaar

Dankie dat U ons kom red het
Van sonde en dood
Die prys wat ek moes betaal
Het U op U geneem

Dankie liefste God
Dat U, U Seun gestuur het
Vir my
Vir almal wat bereid is om in Hom te glo

‘n Nuwe Kans
Het U vir ons kom gee
‘n Nuwe Begin
Om hierdie lewe in oorvloed te leef

Ons is so baie dankbaar daarvoor
Ons harte word rerig bly
Soos wat ons U
Meer en meer aanhooor

Dankie liefste Abba-God
Vir ‘n Nuwe Begin
Dat U altyd in beheer is
Dat niks U ooit onverhoeds betrap

Dankie Abba-God
Liefste God
Dat U ons liefhet met ‘n Ewige Liefde
Dat U verstaan ons grootste nood

U is nie vêr
Wanneer mense seer het nie
U is dan veral
Ongelooflik baie naby

Hoekom mense dit nie wil glo
Dit weet ek nie
Al wat ek weet is
Dit is waar

In my eie lewe
Het ek dit al gesien
Die tye wat ek die seerste gehad het
Was U die naaste aan my

Ek sê so dankie daarvoor Abba
Ek is so dankbaar
U is die Ewige Lig
By wie daar geen duisternis is

U is Lewe
U is Lag
U is Vreugde en Blydskap
U is mooi wat nooit ophou

Dankie liefste Koning God
Dankie
Vir wie U is
U is BEELDSKOON

Beeldskoon en als wat mooi is
Verby
Dit is wie U is
o Ewige Koning

U is al wat ons nodig het
Om hierdie lewe in oorwinning te leef
Tog is ons so dankbaar vir vriende en familie
Mense wat ons lewens verryk

Dankie Abba-God
Vir vriende en familie
Dat ons hulle
In ons lewens kan hê

Dit bly ‘n groot voorreg
Die mooiste een
Om U so naby te hê
Om te weet U woon in my

Dankie Abba-God
Liefste God
U is naby
Ons sê dankie daarvoor

Genade-groot
Genade-groot
Dit is wat my
So styf vashou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s