Oorgegee

Dieper dors

My hart smag
Verlang
Dors na U
En meer van U teenwoordigheid

Vader-God, Abba-God
Sal U my asseblief nog baie meer gee
Sal U die dors in my hart les
My nog baie meer dinge leer

Vader-God, Abba-God
Ek kan en ek wil nooit genoeg van U kry
Van U, U krag en teenwoordigheid in my
Wil ek altyd meer hê

Pappa-God van U
Wil ek net meer en meer hê
Sal U asseblief die diep dors in my hart les Abba
My nog baie meer van U gee

Dieper en meer Abba
Dit is my hartsgebed
Dieper en meer
Abba vul asseblief die honger en dors in my

Ek smag na U volheid
Ek smag na U ALLES in my
Abba gee my asseblief meer
En help my om altyd op U te vertrou

Abba my liefste God
U is so groot en wonderlik
Daar is net niemand soos U
Daarom sal ek altyd in U glo

Ek weet dat U groter en beter
As enige mens of god is
Daar sal nooit-ooit
Enige iemand soos U kan wees

Abba ek verlang na dieper
Ek verlang na meer
Gee my asseblief meer van U hart
Wys my wat daarbinne lê

Abba ek wil U hart hoor
Ek wil U hart ervaar
Hoe meer ek U leer ken
Hoe liewer word ek vir U

Abba dis daarom dat ek vra
Gee my asseblief meer van U
Help my om my oë altyd op U te bly hou
Om U elke dag nog meer te vertrou

Abba als wat ek is
Gee ek vir U
Gebruik dit soos U wil
Alles vir U eer

Abba help my asseblief
Om nooit moed op te gee
Die tye wat ek moed verloor
Sal U my asseblief help om weer op te staan

Abba ek smag na U
Ek vra na meer
Ek verlang na meer
Ek wil U alles hê

Abba vat my asseblief dieper
Dieper as wat ek nog ooit voorheen was
Abba ek smag na meer
Ek vra na die diepste van U hart

Vader dankie
Dat U my help, leer en lei
Dat dit ook U hart is om U kinders
Elke dag ‘n bietjie meer van U te gee

Vader-God
Ons wil dieper saam met U
Ons wil alles oorgee aan U hand
Ons wil rerig loop soos U

Vader
Ons wil glo soos wat U glo
Ons wil weet en rerig omgee
Oor wat vir U belangrik is

Abba sal U ons asseblief help
Om meer en meer van U te hoor
Sal U ‘n dors in ons harte gee
Wat altyd nog wil hê

Abba-God ons wil
Meer en meer van U hê
Dieper en dieper
As waar ons nog ooit voorheen was

Sal U ons asseblief
Harte van soek-na-U gee
‘n Soeke wat nooit ophou
Totdat ons die dag nie meer hier is

Abba want ons weet
Daar is nog soveel meer
U bronne bly onuitgeput
Wie U is kan geen mens beskryf

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s