Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Die Ware Antwoord

Weet julle liewe wêreld
Dat Vader die antwoord is
Op al julle vrae
Op al julle probleme

Soveel dinge wat Hy
Kan en wil beter maak
As mense Hom net die kans wou gee
Hom waarlik wou vertrou

Kinders van hierdie wêreld
Kinders van God
Daar is niks wat die Koning van konings nie kan doen
Hy hou die wêreld en alles daarin in stand

Hy is wonderlik goed en groot
Die Koning van ons
Daar is niks wat Hy nie weet
Of nie kan doen

Liewe wêreld, liefste kinders
Hoor asseblief hier
Ons Koning-God is almagtig
Hy hou die wêreld in Sy hand

As hierdie wêreld net wou glo
As hulle net wou kom
Sou hulle sien, sou hulle weet
Dat Ek die Ware Antwoord is

Daar is geen niemand
Soos Ek nie sê Abba Heer
Ek is die Begin
Ek is die Einde

Bring My jou struikelblokke
Jou vrese
Alles wat jou bang maak
Kyk wat Ek daarmee kan doen

Liefste kinders van hierdie wêreld
Kinders van God
Glo in My
Glo in die mooi van My hart

Die uitspansel is groot
Dit is My liefde vir jou
Die einde is nog nie gevind
Dit hou net aan en aan

Waar sal Ek mense kry
Bereid om My te vertrou
In die daglig se son
Ook in die donker nag

Dit is My begeerte sê Abba-God
Om hierdie wêreld en sy mense
Nader aan My te trek
As hulle dit net wou begin raaksien

Kinders Ek is konstant besig
Om uit te reik
Hoe kan julle nee aanhou sê
Ek verstaan dit net nie

My hart vir julle is vryheid
Liefste kinders
Elkeen van julle
Wil Ek nog stywer vashou

Ek wil julle vertel
Dat Ek julle bemin
En Ek wil jou vertel dat daar nie nog een soos jy
Op planeet aarde is

Ek wil jou vertel
Hoe verskriklik baie trots
Ek is op jou
Dat Ek in jou glo

My liefste kinders
Wanneer gaan julle My
Die kans gee
Om dit te doen

Ek glo in julle liewe wêreld
Ek glo in julle kinders van God
Ek weet dat dinge soveel anders kon wees
As julle net rerig vir My wou ja sê

Ek wil hê julle harte en lewens
Moet ten volle aan My behoort
Ek wil hê daar moet
Geen meer skeiding tussen ons wees

Eenheid tussen My en jou
Dit is My hartsbegeerte
Sê Abba-God
As ons net in alles een kon wees

Liefste kinders van die wêreld
Liefste kinders van God
Kom nader aan My hart
Kom hoor wat Ek vir julle wil sê

Julle is uitgesoek
Om deel van My Koninkryk te wees
Hier op aarde
Maar ook in die hemel

Liefste kinders as julle net wou ja sê
As julle My net ‘n kans wou gee
Om vir julle te wys dat dat daar soveel meer is
As waaraan julle vashou en glo

Kinders julle moet nader kom
Julle moet kom hoor
Wat Ek vir julle sê
Moenie meer bang wees

Daar is geen rede daarvoor nie
Sê Abba-God
Deur My Seun se dood
Is die skeiding weggeneem

My liefste kinders
Kinders van die wêreld en ook andersins
Ek wil vra dat julle waarlik
In My sal glo

Ek wil alles nuut maak
Sê Abba-God
Ek wil ‘n nuwe begin aan julle gee
Sal julle My asseblief toelaat

Ek kan alles vir julle verander
Sê Abba-God
As julle My net ‘n plek van hoogste eer
In julle harte en lewens wou gee

My kinders
Kinders van die wêreld en andersins
Daar is niks maar niks wat Ek nie kan doen nie
Wanneer gaan jy ja daarvoor sê?

Hou julle oë asseblief op My
Moenie na die wêreld en sy verleidlikhede kyk
Dit is hoe julle verloor liefste kinders
As julle haar liewer as vir My het

Kinders nee asseblief
Kyk eerder vir My
My pad is baie meer opwindend
My pad is baie beter

Hou julle oë dan asseblief op My
Hou op nee dankie vir My volheid sê
Jy gaan nooit by die rykdom en diepte in die gees uitkom
As jy dit bly doen

Liefste kinders asseblief
Glo vir My
Glo wanneer Ek vir jou sê
Dat daar soveel meer is as waaraan jy gewoond is

Ek wil jou by die diepte en waarheid
Van wie Ek is uitbring
Ek wil hê dat jy altyd sal weet
Jy is spesiaal-verby vir My

Kinders Ek glo in julle
Kinders van die wêreld
Kinders van God
Staan op, kom loop die pad saam met My

Dieper en meer
Sê Abba-God
Dit is My hart vir julle
Dis wat Ek vir julle wil gee

Hou julle oë asseblief op My
Liefste kinders
Kom ‘n bietjie nader
Moenie toelaat dat enige iets julle verder wegdryf

In die gees is ons een
Sê Abba-God
En dit is hoe Ek wil hê dit moet wees
Ook met jou siel

Ons moet in alles een wees
Sê Abba-God
Jou wil, begeertes en lewensmissie
Moet voor Myne buig

Kinders van God
Kinders van die wêreld
Daar is niks beter wat julle kan doen
As juis dit

Om totaal oor te gee
Om te vertrou
Om te weet dat Ek van beter weet
Om jou drome vir My te gee

Kinders Ek wil hê
Ons moet saam droom
Ek wil hê jy moet weet
Dat Myne vir jou beter is

Weet dit dan asseblief
Sê Abba
Weet dat Ek alles nuut maak
Met die bloed van My Seun

Niks is te klein
Niks is te groot vir My nie
Oor alles gee Ek om
As julle dit net vir My wou kom gee

Vertrou My hart asseblief
Liefste kinders
Vertrou wie Ek is
En weet dat daar in My nie ‘n stukkie sleg is

Liefste kinders julle kan My vertrou
Ek wil hê julle moet dit weet
In die donkerste nag
Altyd

Ek sal altyd by julle wees
Sê Abba-God
Ek sal julle nooit nooit verlaat nie
Omdat Ek weet saam met My kan julle

Saam met My kan julle die hoogste storms aandurf
Ek wil hê dat julle dit moet weet
Met My in jou lewensbootjie
Kan geen mens ooit sink

Hou julle oë op My
Hou dit daar
Glo in My en weet
Liefste kinders dat Ek die ware antwoord is

Kom dan nou na My
Gee net oor
Vertrou My hart
En weet dat Ek ewig is

Altyd in beheer
Niks vang My onkant
My kan jy vertrou
Jou hele hart en lewe vir My gee

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s