'n Seer hart, Liefde so groot, Nuwe hoop

Ewe spesiaal

Kom gee My
Jou hart en lewe
Kom asseblief
En kom gee alles vir My oor

Kinders van die wêreld
Kinders van Abba-God
Ek wens julle kon sien
Hoe baie te vertrou Ek is

Liefste kinders
My hart is so sag
Ek wil hê julle moet weet dat Ek
Met groot barmhartigheid aan joune sal werk

As julle My net ‘n kans wou gee
Om vir julle te wys
Dat Ek goed is
Dat julle My kan vertrou

Liefste kinders
Daar is niemand soos Ek nie
Niemand kan so mooi soos Ek
Met menseharte werk

Kinders nie eers ‘n geliefde
Kan jou hart so baie soos Ek waardeer
Ek wil hê jy moet rerig weet
Hoe spesiaal jy is vir My

Kinders van God
Kinders van die wêreld
Ek het julle ewig lief
Niks sal julle ooit van My liefde kan skei

Begin asseblief om na My te kyk
Met ander oë sê Abba-God
As jy nie rerig glo
Soos wat Ek hier vir jou sê

My liefste kinders
Kinders van die wêreld en ook andersom
My liefde vir julle is dieselfde
Niks kan skeiding tussen dit bring

Ja sê Abba-God
Julle weet en ervaar dit dalk nie
As julle diep in sonde verstrengel lê
Maar dit is hoe dit is

My liefde vir julle is ewig
Sê Abba-God
Vir altwee van julle
Ja, Amen

Ek wil hê dat julle dit
Asseblief meer en meer sal weet
Ek wil hê julle moet weet
Niks kan van My liefde skei

Maak nie saak of jy
Die mooiste sondaar of kind van God is nie
My liefde vir julle
Dit bly presies dieselfde

Ek wil hê julle moet dit weet
Kinders van God
Kinders van die wêreld
Dat My aanvaarding van julle presies dieselfde is

Niemand is beter
As ‘n ander een nie
Sê Abba-God
Ek wil hê julle moet dit weet

Te lank sê Abba-Vader
Dat julle skeiding bly bring
Tussen hulle wat sleg
En goed is in julle eie oë

Kinders
Ek wil hê julle moet dit weet
Ek wil hê julle moet dit besef
Dat alle mense vir My ewe belangrik is

Niemand is te spesiaal
Of meer as ‘n ander een
Voor My dra julle presies dieselfde waarde
Ja, ook die waarop julle so neerkyk

Liefste kinders van God
Kinders van die wêreld
Vir My lê julle albei se waarde baie diep
Want Ek het julle almal gemaak

Hou op om neer te kyk op mense
Vra Abba-God
Selfs as hulle nie soos jy lyk, loop of praat
Begin om hulle op te bou

Ek glo in julle liefste kinders
Ek weet wat in julle lê
Julle kan hierdie wêreld verander
Ja sê Abba-God een vir een

Begin My net
Heelbo aan jou prioriteitslysie plaas
Moenie toelaat dat enige iets of iemand
Ooit bo My plek inneem

Kinders van God
Kinders van die wêreld
Ek glo in julle
Asseblief, GLO IN MY

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s