Liefde so groot, Lofprysing

Lewenslied

Net om U
In my lewe te hê
Is so groot voorreg
Om U lief te kan hê

Dankie Abba
Liefste God
Dat U U Seun gestuur het
Dat U my kom haal het

Van so baie dinge
Het U my bevry
Dinge en donkertes
Waarvoor ek nou-nog dankbaar is

Ek gee U al die lof en eer
In aanbidding wil my hart
Laag buig
U is die Nimlike Een

Dankie Abba-God
Liefste God
Vir die Lig
My lewe ingebring

Die dag toe ek my hart
Werklik vir U oopmaak
Was ‘n wonderlike
Nuwe begin

Ek is so bly ek het
My hart voor U ontbloot
So dankbaar ek kon
Trane van oorgee stort

Dankie Abba
Liefste God
Vir elke voorreg
Vir elke nuwe begin

Soveel dinge het U
Kom nuutmaak
Gesond gemaak
Beter gemaak

Tot en met vandag
Is dit deel van my reis met U
Om U meer en meer te vertrou
Sodat ek die ware lewe in oorvloed kan hê

Dankie Abba-God
Vir U liefde vir my
Dat dit my nooit in die steek sal laat
U is die Ware Anker van hierdie lewe

Hoe dankbaar is Ek
Dat ons hierdie lewe
Nie alleen hoef te doen
Dat U altyd so baie naby is

Dankie dat U
Rerig omgee om te help
As ons net bereid is om te vra
Kan dinge soveel anders wees

Ons hoef nooit skaam te wees nie
Ons kan kom net soos ons is
U is groot en wonderlik
U aanvaar ons net so

Bitter-baie lief is U vir ons
Tot die einde sal U ons bly dra
Ons is so bly dat U die Rots is
Wat nooit kan wankel nie

Dankie Abba-God
Vir U liefde en trou
Teenoor my
En elke ander kind

Dankie dat U ons liefhet
Meer as wat ons kan glo
Dankie dat U omgee
Meer as wat ons kan verstaan

U is die Antwoord
U is die Lig op ons Pad
U is die Enigste Een
Wat Ware Lewe gee en is

In U sal my hart bly glo
U genade hou my styf vas
En ek sê Abba
Diep dankie daarvoor

Dankie dat ek in U glo
Dat U die ware
Mooiste
En beste antwoord is

My hart loop oor
My hart loop oor
Van vreugde-bly
Kan ek vir altyd vir U sing

Dankie liefste God
Dat U die Antwoord
Is en bly
Vir elke hart wat bereid is om te soek

Dankie Abba
Vir wat U kom doen het vir my
Die onmoontlike is nog moontlik by U
Ek sê dankie daarvoor

Dankie dat U liefde
Soos ‘n warm lig skyn
En al die donkerte verdryf
Dankie Abba vir wie U is

Die Alfa en Omega
Die Begin en Einde
Van alles wat ek is
En hoop om ooit te wees

Ek gee oor
Ek wil U lied bly sing
Maak my lewenslied U s’n
Nou en al my dae grote Koning

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s