Liefde so groot, Lofprysing

Ewige Koning

Dankie vir wat U kom doen het
In en vir my
Nooit sal ek kan ophou getuig
Van U wonderlike groot liefde vir my en elkeen

Dankie Abba-God
Dankie
Vir wie U is en bly
Dit maak ons harte so bly

Ons kan vir altyd aanhou sing
Dankie Abba-God
Dankie
U liefde en genade

Is groot en wonderlik
Ons kan nie daarsonder
Dankie Abba-God
Liefste God

Ons kan nie sonder U
Nooit ooit nie
Ek gaan en wil nooit
Eers probeer

U is die Een
Wat aan alles sin gee
Dankie Abba-God
Die lewe en alles daarin

U is groot
Goed en wonderlik
Dankie Abba-God vir U liefde
Vir my en elke een

Dit maak ons harte
So verskriklik baie bly
Saam met U
Kan ons deur die felste storms

Nooit sal U ons los
Sê U gee nooit meer om
U is die Een wat ons harte bemin
Die ewige dierbare liefdevolle Koning

Sonder wie ons nie
‘n Oomblik kan gaan
Dankie Abba-God
Liefste Koning

Dat U so wonderlik is
Dat U genade so groot is
Dat U ons so styf vashou
Ons harte wil bly sing

U Naam lof en eer
Bly toebring
Dankie Abba liefste God
Dankie vir wie U is

Die ewige groot
Wonderlike Koning
Van alle eeue en tyd
Ja Amen!

Dit sal ons aanhou bely
Ons vreugde daarin vind
U is die ewige groot wonderlike Koning
Dit sal ons harte bly sing

Amen, Amen, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s