Byt vas, Nuwe hoop

Kyk altyd op

Hou aan liefste kinders
Hou aan
Asseblief moenie ooit dink aan opgee
Dit is wat Ek van julle vra

Ek wil hê dat julle
Julle oë op My sal plaas
Dat julle dit daar sal hou
Dit is hoe julle staande bly

Deur die rofste storms
Sal Ek julle bly deurdra
Liefste kinders
Ek sal altyd by julle wees

Kyk net op
Sê Abba Vader God
Kyk op en bly vertrou
Weet dat Ek van julle weet

Liefste kinders van Abba-God
Ek het beloof
Dat ek veraltyd
By julle sal wees

Nooit sal Ek julle verlaat
Dit is ‘n belofte
Waarop julle kan staatmaak
My liefste kinders

Ek kan alles nuutmaak
Sê Abba-God
Daarom wil Ek vra dat julle My sal vertrou
Ek wil ‘n nuwe begin aan jou gee

Al lyk die verlede hoe donker
Al was dit baie swaar
Kinders Ek maak alles nuut
Deur die bloed, genade en vergifnis van My Seun

Almal is goed genoeg
Meer as goed genoeg
Kom asseblief net soos wat jy is
Begin ja sê

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s