Byt vas, Liefde so groot, Oorgegee

Oorgegee

Ek bring U my hart Koning Jesus
En Ek vra U
Om nog meer van U waarheid
Daarop te skryf

Liefste Koning-God
Ek wil U rerig ken
Ek wil weet wie U is
Ek wil dat U rerig in My woon

In gees en siel
Hart, liggaam en als
Wil ek graag aan U behoort
Ek wil deel van die bruid van Christus wees

Dankie Abba-God dat ek in Jesus
Die voorreg het
Om U kind te wees
Dankie dat U my kom red het van die dood

Dankie liefste God en Koning
Dat U die Antwoord is
Op alles wat ons hier op aarde
Kan deurgaan

Liefste Vader-God
Ons sê baie dankie
Kom skryf asseblief U hart op myne
Dat ek U rerig ken

Dis my hartsbegeerte Abba
Om in alles meer soos U te wees
Om opreg liefde te gee
Om nooit my rug op U te draai

Abba-God gee asseblief vir my genade
Om hierdie pad van geloof
Aan te hou loop
Om tot aan die einde vas te hou

Dankie Abba-God
Dat U my so styf vashou
Dat nie een van U kinders nodig het
Om dit ooit alleen te doen

Dankie Abba-God se kinders
Dat julle in My bly glo
Dat niks julle ooit wegbeweeg
Om My doel vir julle lewens te vervul

Dankie liefste kinders van God
Dat julle aanhou vashou
Dat julle weet wie Ek is
Dat julle sterk staan

Dit beteken baie sê Abba-God
As Ek sien
Hoe julle dit doen
Baie dankie daarvoor

Abba se kinders
Kinders van die wêreld
Onthou asseblief een ding en dit is
Dat daar ALTYD soveel meer is

Ek glo in julle
Kinders van God
As julle rerig meer wil hê
Sal Ek dit vir julle gee

Meer van My
Meer van My in jou
Dit is My hartsbegeerte
Dat ons in alles een sal wees

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s