Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Glo My

Kom nader
Kinders van God
Kom gee Hom
Lof en eer

Weet julle dat julle
Aan Hom behoort
Die Koning van die Eeue
Die Een altyd in beheer

Die oorwinning
Was alreeds gewees
Gister, vandag en tot in ewigheid
Sal Hy altyd dieselfde wees

Kinders Ek wil vra
Dat julle nie so moed opgee
Wanneer dinge donker raak
En daar soveel is wat julle nie verstaan

Hou dan asseblief
Julle oë op My
Draai julle aangesigte na My
Die Ewige Ek Is

Kinders dit gaan moeilik raak
Die wêreld en sy dinge
Poog om van My te skei
Asseblief moet hulle nie toelaat

Kom spoor na My hart
Kind van God
Dieper, meer
Maak dit ‘n prioriteit

Selfs as die storms
Julle omring
Selfs as dit nie die
Maklikste ding vir julle is

Hou julle oë op My
Hou aan glo
Kinders Ek weet dis nie aldag maklik nie
Ek sal julle bly deurdra

Dit is My belofte
Aan julle sê Abba-God
Ek sal nooit opgee nie
So ook jul

Kinders hou vas
Asseblief tot die einde toe
Al is dit nie maklik nie
Weet dit Ek is altyd daar

Ek sal julle nooit verlaat nie
Kinders van God
Ek is altyd naby
Dit is My belofte

Sal julle asseblief dan
Aanhou vashou
Sal julle jul oë tot aan die einde
Op My bly hou

Kinders moenie opgee nie
Asseblief
Ek weet van julle iedere en elkeen
Ek gee om vir jul

Kinders asseblief
Elkeen van julle
Kom nader aan My hart
Kom leer My nog beter ken

Ek wil nie hê julle moet besig wees
Met dit waar Ek nie is
Kom soek vir My
My Lewe en My Gees

Kinders Ek is lief vir julle
En Ek gee om
Ek wil julle uit die nette uitlei
Die nette wat verblind

Kinders verhouding met My
Is moontlik
Deur My Gees
Ek in jou

Sal julle asseblief glo
Dat Ek van beter weet
Julle hoef My nie te beindruk
Ek weet van elke een

Kinders luister asseblief vir My
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle tot in ‘n
Verbondsverhouding met My

Kinders julle moet asseblief
Laat gaan van alles nie van My
Julle slim idees
Julle slim planne

Kinders hou julle oë
Asseblief net op My
En doen soos Ek vra
Asseblief vir My

Kinders Ek wil vra
Ek wil hê
Julle moet weet
Wat is My wil vir jou

Kinders julle moenie wonder nie
Julle moet weet
My oog is op julle
Ek sal julle lei

Vra dan gereeld
Vader net U wil
Wat skei van my
En U planne vir my lewe?

Vader ons wil
Voor U aangesig bly kom
Ons wil bely
Dat U planne vir ons die beste is

Vader-God sal U ons
Asseblief help
Om meer en meer te groei
Om altyd vaster aan U te hou

Vader al is daar dikwels
Goed wat ons nie verstaan
Weet ons dat U
Die antwoord is en bly

Kinders van Abba-God
Luister asseblief vir My
My planne vir julle is mooi
Ek wil hê dat julle dit altyd sal weet

Kinders wanneer moeilike tye kom
Moet julle jul oë op My bly hou
Ek is die Een
Wat julle vashou

Nooit sal Ek julle
Uit My hand laat val
Daarvoor is julle
Net te kosbaar vir My

Kinders van God
Hou asseblief stywer vas
Selfs as dit donkerder raak
Vertrou My

Ek sal julle dra
Deur donker diep riviere
As vure julle omring
Nooit sal Ek julle verlaat

Kinders glo dan asseblief in My
Weet dat Ek die Antwoord is
Op al julle vrae
Op al julle probleme

Kinders van Abba-God
Glo in My
Glo in wat Ek kan doen
Weet dat NIKS vir My onmoontlik is

Kinders van God
Ek vra dat julle My sal bly vertrou
Selfs al is daar nie
Veel hoop om jou

Geloof is om
Die onmoontlike te sien
Om My te glo en te vertrou
As alles om jou sê nee

Dit is die tipe vertroue wat Ek
In die harte van My kinders wil sit
Geloof wat aanhou glo
Al is daar in die vlees niks

Kinders van God
Sal julle My toelaat
Om julle dieper te neem
Daar waar julle nog nie voorheen was

Kinders asseblief
Luister vir My
Begin soos Ek glo
Weet dat daar niemand soos Ek is

Abba-God ons gee U
Al die lof en eer
U wat die Antwoord is
U wat altyd-altyd in beheer is

Ons wil U loof en prys
Deur die storms van die lewe
Wil ons aanhou vashou
U bly vertrou

Abba-God sal U ons asseblief help
Om nooit moed op te gee
Om ons oë op U te bly hou
Totdat ons die einddoel bereik

Dit is ons hartsbegeerte
Om vir altyd by U te wees
Tot die einde
Onwrikbaar geloof te behou

Glorie Halleluja
Alle eer aan U
Pappa-God U is so waardig
Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s