Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Volkome vergifnis vir elkeen

Diep het ons Vader-God
Ons gaan haal
Diep
Ons elke een

Ek dink ons kan
Elkeen getuig
Sonder ons Vader-God
Was dit vir ons neusie verby

Kinders van hierdie wêreld
Julle moet glo
Dat hierdie God en Koning
Julle ook kan red

Niemand is te vêr
Of buite Sy bereik
Nee elkeen kan Hy nog red
Elke hart wat Hom ‘n kans sal gee

Geen sondaar
Is te swart
Geen verlede of hede
Onvergeefbaar

In ons Koning
Jesus Christus se bloed
Word alle sonde weg gewas
In Hom is ons wit soos sneeu

Al was julle sonde
Soos skarlaken
Dit sal word soos wol
Is dit nie wat die Bybel sê

Ons God se Woord
Dra soveel oneindig baie krag
Ek is so bly
Dat ons daarin kan glo

As Sy Woord sê
Hy maak ons splinternuut
Dan weet Ek
Dit is so

Kinders julle hoef nie te twyfel
Aan My Woord nie
Ook nie aan My genade nie
Dit is vir elkeen

Elkeen wat sal ja sê
Elkeen wat bereid is om te kom
Daar is ‘n kans vir almal
Geen een mens is te sleg daarvoor

Dis My genade en My bloed
Wat julle waarde bepaal
Nie andersom nie
Liefste kinders

Ek wil vra
Dat julle sal ophou om
Deur die vyand en sy leuens
Na julle self te kyk

Al voel jy hoe sleg oor jouself
Al het jy hoe verkeerd gedoen
Ek is en bly lief vir jou
Dit is wat Vader sê

Geen een mens sal ooit
My genade en goedheid kan verdien
Dit is hoekom dit
‘n Vrye genade-geskenk is

Al wat dit van jou vat
Is om te glo
Dat dit vir jou is
Soos wat Ek hier sê

Kinders al wat moet gebeur
Is dat jy jou sonde sal bely
Dat jy jammer sal sê
En dat jy My waarlik sal innooi

Liefste kinders
Jou nuut-maak van binne-in
Dit is wat Ek so graag wil doen
Vir jou en elkeen

As mense My net wou toelaat
Om die onmoontlike vir hulle te doen
As hulle net wou glo Ek kan
Nog die vuilste sondaar bevry

Niemand is te vêr van My nie
Sê Abba
Almal staan ‘n kans
Daar is HOOP vir elkeen

Kinders al wat Ek vra
Is dat julle sal glo
Daar is ‘n kans vir almal
As julle net wou kom

Kinders asseblief
Gee My ‘n kans
‘n Kans om die verlede weg te was
‘n Kans om jou My kind te maak

Daar is plek vir almal
In My Koninkryk
Niemand is te goed nie
Niemand is te sleg

Kinders asseblief
Glo in My
Glo in die kans
Wat Ek nou hier vir julle gee

My hart vir julle is mooi
My hart vir julle is
‘n Pragtige mooi nuwe begin
Waar ons die verlede agterlaat

Kinders sal julle My asseblief glo
Sal julle nader kom
Sal julle weet dat Ek
Waarlik vergeef

Ek vergeef geen donkere dieptes
Om dit weer later te gaan uithaal
As Ek dit soos die wêreld
Dalk weer nodig sou kry

Nee My liefste kinders
As Ek vergeef
Is dit vir altyd verby
Ek sal dit nooit weer opbring

So vêr as wat die ooste
Van die weste is
So vêr verwyder Ek
Jou sonde en ongeregtigheid

Kinders as julle net
In My Seun wou glo
As julle net wou glo
In die prys betaal aan Golgota

Vir jou het Hy gely
Sê Abba-God
In jou plek
Sodat Ek jou kon vergeef

In en deur My Seun
Is jy die skoonste skoon
In en deur My Seun kan jy met
Groot blydskap en dankbaarheid voor My Troon kom

My Seun het die prys
Vir julle sonde betaal
Kinders dit is tyd dat julle dit glo
Julle vertroue in Hom kom plaas

Kinders asseblief
In Hom is alles nuut
Ek wil vra dat julle dit sal begin glo
Hierdie waarheid rerig leef

Niks kan jou skei van My liefde nie
Sê Abba-God
Ek gee nie om wat jy doen
Ek gee nie om wat jy gedoen het

Die bloed van My Seun
Het die potensiaal
Om alles vir jou nuut te maak
As jy net wou ja sê

Kom kinders, kinders van die wêreld
Kom en kom glo
Dat dit wat Ek vir soveel andere gedoen het
Dat Ek dit ook vir jou wil doen

Amen sê Abba-Vader
Amen
Asseblief glo dit liefste kinders
Glo My Seun het ook gekom vir jou

Om jou nuut te maak
Om jou te vergewe
Om die sonde en verlede weg te neem
Om jou liefste kind ‘n Nuwe Begin te gee

Julle moet net glo
Liefste kinders
Julle moet net glo in die bloed van My Seun
En die prys betaal aan Golgota

Amen

Kom skuil by die Kruis
Kom kyk hoe maak Ek alles nuut
Alles maar alles nuut vir jou
Net omdat jy rerig glo

Niemand is te vêr
Niemand het al sy kanse opgebruik
As jy nog leef
Is daar plek vir vergeef

Kom net liefste kinders
Kom asseblief
Net soos wat julle is
En weet geen sonde is te groot om te vergeef

Al het jy My Seun al bespot
Al het jy Hom gelaster
Kind Ek sal jou vergeef
As jy net bereid is om opreg jammer te sê

Kom liefste kinders
Kom asseblief
Glo in My
Glo aan die Nuwe Begin wat Ek julle wil gee

Halleluja, Amen
Halleluja, Amen

Groot is U genade
Vir mensekinders
Abba dit is so mooi om te aanskou
Hoe U nie op die wêreld opgee

Dankie dat U aanhou
Abba-God
Dat U aanhou uitreik
Al sê soveel mense nogsteeds nee

Vader ek bid en vra
Dat elkeen wat nie glo
In die bloed van U Seun
Se hart en oë sal oopgaan

Vader ek wil vra
Dat hierdie wêreld
Rerig sal begin sien
Dat hulle rerig sal glo

U is die Begin
U is die Einde
Van Als
Dis U wat Lewe gee

Abba mag elke mens op aarde
U leer ken vir wie U rerig is
Beeldskoon en so mooi
Die Een wat alle liefde en respek waardig is

Pappa-God ons eer U Naam
Ons sê dankie vir U Seun
Ons sê dankie vir ‘n Nuwe Begin
Dat daar WAARLIK niemand soos U is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s