Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Meer van My

Glo julle reg
Liewe wêreld
Glo julle in die Een
Wie ewig is

Kinders van die wêreld
Dis tyd dat julle begin glo
Daar is nie meer baie tyd
Om julle harte vir My te gee

Kinders van die wêreld
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te kom vind
Rerig vir My

Kinders asseblief
Kom nou
Daar is nog tyd
Om in My te glo

Julle moenie bang wees
Om nader te kom nie
Sê Pappa-God
Ek nooi julle omdat Ek baie lief is vir julle

Kinders kom asseblief
‘n Bietjie nader
Kinders van die wêreld
Kom en kom hoor ‘n bietjie hier

Julle moet nader kom
Nader aan My
Nader aan My koninkryk
Dit is wat Abba vra

Julle moet julle oë
Afhaal van julle
Aardse omstandigheid
En op My plaas

Kinders asseblief
Luister vir My
Ek is groter as enige probleem of storm
Wat jy op aarde kan kry

Niks of niemand
Is so groot soos Ek
Niks of niemand
Sal ooit soos Ek kan wees

Kinders asseblief
Julle moet seker maak
Oor die ewigheid en waar julle
In die hiernamaals gaan wees

Julle kan nie
Daarmee speel nie
Julle moet weet
Dit is wat Vader sê

Wees reg
Wees gereed
Asseblief
Dit is wat Ek vra

Hou julle oë
Asseblief op My
Weet dat Ek die Een is
Wat jou kan bevry

Kinders van God
Kinders van die wêreld
Glo asseblief in My
Met alles wat jy is en het

Niemand, niemand
Sal ooit soos Ek kan wees
Ek is die Enigste Een
Ek is die Ware Een

Kinders van Abba-God
Luister asseblief vir My
Kom nog baie nader
Net soos wat jy is

Maak julle harte skoon
Asseblief was dit
Met die bloed van My Seun
Ek wil julle soveel meer gee

Laat staan die verlede
Dit wat was
In en deur My
Is daar ‘n Nuwe Begin

Vir elkeen van My kinders
Wil Ek net die beste hê
Dit is waarvoor julle My kan vertrou
Soos julle My leer ken

My hart is nooit
Om terug te hou
Dit is altyd om meer en meer te gee
Meer van My in jou

Daarom kan jy My gerus vra
Vader-God word asseblief meer in My
Ek wil U met My alles liefhê
Bemin en dien

Vader U is die Enigste Een
Wat waardig is
Om alle lof en eer te verdien
Ons wil dankie sê

Dankie vir wie U is
Dat U nooit op ons opgee
Dat U ‘n plan het
Ons moet net in U weë volg

Dankie Abba Pappa-God
Vir genade baie groot
En dat U ons so-so
Baie liefhet

Glo net in My
Met alles wat jy is en het
Bemin My
En moet nooit moed opgee

Gee jou alles vir My
Alles en meer
Kyk hoe Ek alles nuutmaak
Nuut en baie mooi

Vertrou My
Dis al wat jy hoef te doen
Om uit te kom
By alles vir jou voorberei

Vertrou My
Glo in My
Weet dat Ek jou bemin
Meer as wat jy ooit kan droom

My hart vir jou is mooi
My hart vir jou is goed
Jy kan dit gerus glo
Liefste kind jou vertroue op My plaas

My hart is nooit om seer te maak
Dis altyd om te genees
As mense in die wêreld
My net die kans wou gee

Vertrou My
Vertrou My asseblief
Kom net soos wat jy is
Voor My Ewige Genade Troon

Ons sal ons oë op U bly hou
U bly vertrou
Deur U genade o Heer
Nie omdat ons so sterk en oulik is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s