'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Maak My deel van jou storm

Kom gee jou laste
Vir die Here
Laat Hom toe
Om saam met jou te dra

Kinders van Abba-God
Luister vir My
Sê Pappa-God
Ek gee om vir julle

Ek sal julle nooit verlaat nie
Sê die Koning
Nooit ooit nie
Dit is ‘n waarheid wat julle kan glo

Kinders van Abba-God
Luister asseblief vir My
Ek gee om vir julle
En niks sal julle daaruit kan skeur

Liefste kinders asseblief
Glo vir My
Glo wanneer Ek sê
Ek weet van julle iedere en elke een

Niemand is te verhewe nie
Niemand beteken te min
Vir My is almal gelyk
Vir My is elkeen ewe spesiaal

Kinders van Abba-God
Ek wil vra dat julle jul oë
Op My sal plaas
En dat julle dit nooit sal afhaal

Kinders van Abba-God
Luister asseblief vir My
Ek is die Begin en Einde
Ek is die Een wat julle sal deurdra

Kinders Ek is BY julle
In julle swaarkry
In julle seer
Dit is veronderstel om julle soveel hoop te gee

Net die feit dat julle nie nodig het
Om alleen deur storms te gaan
Kinders is veronderstel
Om julle te dra

Kinders van Abba-God
Ek gee om vir julle
En Ek vra dat julle dit elke dag
Asseblief ‘n bietje meer sal glo

Vertrou My hart van liefde
Vir julle sê Abba-God
En weet dat Ek
Nooit sal moed opgee

Kinders Ek is die Een wat julle wil dra
In die moeilikste tye van die lewe
As jy My net wou vra
As julle My net wou toelaat

Om julle Anker te wees
Sê Abba
Dis wat Ek vir julle
Elkeen van My kinders wil doen

Julle hoef nie alleen
Deur die storms van die lewe
Te gaan nie sê Abba
Julle kan My deelmaak daarvan

Te veel van My kinders
Sê Abba
Wat alleen die storm-paaie loop
Wat My nie ‘n kans wil gee

Kinders van Abba-God
Hierdie tyd op aarde
Is aan julle gegee
Om My hart te ontdek

Om te weet dat Ek
Altyd goed en reg is
Om te weet dat Ek julle
Deur die rofste storms kan en wil dra

Kinders van Abba-God
Hou julle oë asseblief op My
Gee My ‘n kans
Om Myself aan julle te bewys

Ek is die Ewige Ek Is
Sê Abba
Daar is geeneen groter as Ek
Ek is die Rots wat vir alle tyd vasstaan

Kinders van Abba-God
Asseblief luister vir My
Maak My deel van julle storms
Laat My toe om julle daardeur te help

Kinders van die wêreld
Kinders van My
Storms is soveel draagliker
As julle My deel daarvan maak

Kinders Ek wil julle deurdra
Elke liewe tree
Ek sal altyd by julle wees
Julle styf vashou

Kinders asseblief
Laat My toe om die laste van hierdie wêreld
Saam met julle te dra
Gee My ‘n kans, vertrou My

Vir jou wil Ek help
Sê Abba-God
Vir jou
Ja en elkeen

Ek wil nie hê julle moet alleen so swaar dra nie
Kinders Ek wil en kan alles beter maak
As jy My net deel van jou laste
En daarvan maak

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s