'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Gaafste verrassinkies

Behoort jou hart
Al aan die Here
Vriend, vriendin het julle Hom
Al die Koning van julle harte gemaak

Sien daar is geen groter
Wonderliker besluit
Wat enige iemand ooit
Sal kan neem

Dis die beste ding
Wat enige persoon ter wêreld
Ooit kan doen sê Abba
Om sy of haar hart vir My te gee

Daar is niks beter nie
Sê Abba
Daar is voorwaar niks beter
As dit in hierdie hele wye wêreld nie

Dit is die beste keuse
Wat enige mens ooit kan maak
Die beste besluit
Dit is wat Vader sê

Kinders luister na My hart
Luister asseblief na dit wat Ek vra
Kom nog ‘n bietjie nader
Nog ‘n bietjie-baie nader aan My

My liefste kinders
Ek wag om aan julle te openbaar
Ek smag om vir julle te wys
Die wonderlike skatte wat nog in My lê

Kinders van die wêreld
Kinders van My
Sal julle asseblief ophou om dit weg te wys
Sal julle asseblief ophou om nee daarvoor te sê

Julle weet nie waarop julle uitmis nie
Kinders daar is soveel meer
Vra na meer, vra na dieper
Vra na alles in My hart

My liefste kinders
Ek lief dit om van julle te hoor
Tog wil Ek vra dat dit ook vir julle
Belangrik sal word om van My te hoor

Groei asseblief elke dag
In die liefde en aanvaarding
Wat Ek vir jou het
Die oorwinning behaal aan die Kruis van Golgota

My liefste kind, kinders
Julle is so spesiaal vir My
Spesiaal vir My
Daar sal nooit weer enige iemand soos julle vir My wees

Kom asseblief nader
Nooi Pappa-God
Kom klim in My hart
Dit sê Pappa-God vir elkeen wat Hy liefhet

My kinders Ek gee so baie om
Ek wens julle kon dit sien
Ek wens julle kon dit glo
Ek sal My Woord vir julle oopbreek

My liefste kosbaarste kinders
Julle hoef nooit weer bang te wees
Dat julle nie goed genoeg is vir My nie
Dat julle moet perform

My liefste kinders
Dit is nie meer so nie
Ek het ‘n manier om alles nuut te maak
En dit het Ek gedoen deur die bloed en dood van My Seun

Kosbare kind van Abba-God
Jy is so spesiaal vir My
Sal jy asseblief nader aan My kom
Aan My jou hart en totale lewe gee

Abba-God se kind
Luister asseblief vir My
Weet dat jy meer as goed genoeg is
My Woord en Seun se bloed sê so

Ek wil hê julle moet daarop staan
Sê Abba-God
Wanneer die vyand teen julle kom
En julle nie baie spesiaal of kosbaar voel

Kinders van hierdie wêreld
Kinders van God
Julle is goed genoeg vir My
Dit sê Abba-God

Ek wil julle waarde herstel
Sê Abba
Alles wat sonde, seer en die vyand kom steel het
Wil Ek vir julle teruggee

Vra na My volheid liefste kinders
Vra na alles vir julle voorberei
Weet dit asseblief daar is soveel meer
As dit waarby mense gereeld stop

Abba se kinders
Luister na julle Pappa-God se stem
Daar is meer My liefste kinders
Ek vra julle om te kom soek vir meer

My kinders vir My is julle spesiaal verby
En My hart is net om dit
Wie Ek is
Om meer daarvan met julle te deel

Sal julle asseblief vra daarna
Sê Abba
Sal jule asseblief kom net soos julle is
En weet Ek gee om vir jul

Kinders van die wêreld
Kinders van Abba-God
Kom asseblief nader
Kom ontdek My hart

Die deur staan oop sê Abba
Wa-wyd oop
Oop vir almal wat sal vra
Oop vir almal wat sal kom

Kinders van die wêreld
Kinders van God
Ek glo in julle
Ek weet dat julle kan

Die vermoë het Ek in julle geplaas
Die dag toe Ek julle maak
Daar is ‘n leemte in elke mens
Wat net Ek en My groot wonderlike liefde kan vul

Kinders asseblief
Luister vir My
Kom net soos julle is
Weet dat – jy – goed genoeg is vir My

Oor en oor sê Abba
Oor en oor sou Ek jou kies
As Ek weer
Die kans kon kry

Ek wys niemand weg nie
Nooit nie sê Abba
Almal kan kom
Dit is wat Ek so graag wil hê

Die deur staan oop sê Abba-God
Die deur staan wa-wyd oop
Kom liefste kinders
Kom asseblief nou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s