Byt vas, Nuwe hoop

Storms se mooiste lesse

Abba U woorde is so mooi
So skoon
So rein
Ek lief elke woord

Dankie Abba-God
Dat U deur U Seun
Elke mens die groot voorreg gee
Om self van U te hoor

Vader dit bly vir ons so wonderlik
Dat die Koning van die Heelal
Wie Hy is
So graag met ons wil deel

Abba dit beteken vir ons
So baie
Dat U wie U is met ons deel
Nie U hart vir ons toehou

Abba ons wil nog soveel meer
Van U hê
Ons wil nog soveel meer
Vir U gee

Dankie vir die storms wat U stuur
Dankie dat U dit toelaat
Dankie vir elke wonderlike mooi les
Wat U ons daardeur leer

Vader dit is tyd dat ons ook
Vir die moeilike tye begin ja sê
Want dit toets ons hart
Dit trek ons nader aan U

Abba ons is so lief vir U
En ons sê dankie
Dankie vir elke mooi les
Wat U ons in die stormtye van die lewe leer

Want as ons kies
Om in die tye aan U te bly vashou
Sal ons sien
U weet van beter

U weet hoe om ons
Die kosbaarste lesse te leer
U hart is altyd
Om meer aan ons te gee

Meer van U waarheid
Meer van U Woord
Meer van U liefde
In my en jou

U liefde en hart
Is nooit om seer te maak
Dis om verhouding te herstel
Dis om vertroue te bou

Liefste kinders asseblief
Moenie nee sê
Vir die stormtye wat Ek toelaat
Dis vir julle om nader aan My te trek

Kan jy sien My liefste kind
Hoe Ek dit stuur
Hoe Ek dit toelaat
Om jou nog nader aan My te bring

Kinders asseblief
Luister vir My
Julle moenie opgee in die moeilike tye nie
Julle moet dan vashou

Vaster aan My
Sê Abba
Vaster en nader aan My
Moet julle dan trek

Vader se kinders
Luister vir My
Storms word toegelaat
Sodat julle My getrouheid kan leer en vind

Ek sal julle nooit-nooit alleen los nie
My liefste kinders Ek is altyd daar
Gereed om julle te vertroos
Gereed om julle te help

Kinders asseblief
Luister vir My
Gee asseblief oor
Alles wat julle het

Moenie terughou wanneer dit
By My en My Koninkryk kom nie
Sê Abba
Weet dat julle so geliefd is

Kinders julle moet deurdruk
In die moeilike tye
Julle moet asseblief dan
Veral dan vaster hou aan My

Spreek woorde van geloof
Weet dat Ek daar is
Weet dat jy nie alleen is nie
Weet dat Ek van jou weet

Dis altyd My hart sê Abba
Om My kinders
Deur die storms van die lewe te help
Dit is altyd My hart

Kinders Ek glo in julle
Ek weet dat julle kan
Ek vra julle om My te vertrou
Ek vra julle om altyd na My te bly kyk

Ek wil julle help sê Abba
Altyd-altyd
Julle hoef dit nooit alleen te doen
Vra My net asseblief

Dis nie vir My lekker
As jy weier om My te vra
En dan aanhou sukkel nie
My kind dit is nie My hart vir jou

Vra My asseblief om jou te help
Jou te herstel
Jou nuwe krag
En hulp te wees

Kinders asseblief
Dis wat Ek so graag vir julle wil doen
Ek vra dat julle asseblief altyd
Julle oë op My sal bly hou

Kinders asseblief
Luister vir My
Kom dieper
Vra na meer

Dis My hart
Dis My hart
Om meer van Myself aan jou te gee
Om jou in My waarheid en liefde te grondves

Amen dit is so mooi, so mooi
Abba U is mooi
U hart is mooi
En ons wil net BAIE DANKIE sê

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s