Byt vas, Nuwe hoop

Makliker gesê as geglo

Dankie Abba Vader
Dat U my liefhet
En dat dit nie nodig is
Om enige iets daarby toe te voeg

Vader want U liefde
Is genoeg
U liefde is meer as genoeg
Dankie liefste Abba daarvoor

Dankie Abba dat U liefde vir ons ewig is
Standvastig en so mooi
Dankie dat ons rerig niks hoef te doen
Om dit te verdien

U liefde sê al van die begin
My kinders julle is goed genoeg
Julle het My nie gekies nie
Maar Ek vir julle

Dankie liefste kinders
Dat julle die antwoord is op My gebede
Dankie dat julle is
Meer as goed genoeg

Kinders Ek wil hê julle moet weet
Die prys is klaar betaal
Julle hoef nie vir julle sonde
Of My liefde te werk

Kinders My Seun se prys
Aan die Kruis van Golgota
Dit was volmaak
Dit was meer as goed genoeg

Kinders julle hoef nie te werk
Vir My liefde
Of My aanvaarding nie
Liefste kinders julle het dit alreeds

Kinders Ek wil vra
Dat julle rerig sal glo
Jesus se kruisdood
Het alles gedoen

Dankie liefste kinders
Dat julle in My glo
En dat julle My rerig toelaat
Om in julle harte te woon

Dankie Abba se kinders
Dat julle luister
Wanneer Ek praat
Dit beteken vir My rerig so baie

Dankie Abba se kinders
Dat julle My ook liefhet
En dat julle besef
Dit gaan als oor liefde vir My en liefde vir jou

Liefste kinders dis so belangrik
Vir julle om elke dag te groei
In die volmaaktheid
Van My liefde vir jul

Kinders My liefde is genoeg
Sê Abba Vader
My liefde is meer as genoeg
Dankie Abba se kinders dat julle dit glo

Dankie Abba dat U liefde vir ons so mooi is
Dankie dat U, U liefde en waarheid
Elke dag ‘n bietjie meer
Op my hart kom skryf

Abba dit beteken vir ons so baie
Dat U altyd so naby aan ons is
En dat U ons nooit
Sal verlaat

Abba dis ons behoud
Dis wat ons geanker hou
U kosbare liefde
U groot omgee vir my en jou

Dankie liefste kinders
Dat julle wil groei
In die waarheid van My
In die waarheid van wie Ek is

Kinders dis so belangrik
Vir julle om te weet
Niks-niks wat julle doen
Kan maak dat Ek julle minder of meer liefhet

Liefste kinders, kosbaarste kinders
Julle is so goed genoeg vir My
Hoe dan anders
Ek het julle gemaak

Ek wens en vra dat julle dit
Elke dag ‘n bietjie meer sal besef
Dat julle rerig
In hierdie oorwinning sal leef

Kinders julle is alreeds aanvaar
Ten volle aanvaar
En niks wat julle ooit kan doen
Kan iets daarvan wegvat

Kinders dis rerig tyd
Dat julle My kinders
Hierdie waarheid aanneem
Dit waarlik leef

Abba se kinders asseblief
Dis so belangrik om dit te weet
Om te weet dat julle verder as die verste mooi korale
Kosbaar is vir My

Kinders glo dit
Glo dit asseblief
As jy daarmee sukkel, om dit rerig te weet
Vra My om dit dieper in jou hart te vestig

Kinders asseblief
Die volmaaktheid van My liefde
Vir julle elkeen is so mooi
Dit is so perfek

Daar is nie ‘n enkele ding
Wat tekort skiet in My perfekte liefde vir jou
Sê Vader
Dit is rerig volmaak

Kinders van die donkerte
Kinders van die Lig
Kom asseblief nader
Maak oop julle harte en aanvaar hierdie liefde

Liefde waarvoor nie een enkele persoon
Op hierdie aarde hoef te werk nie liefste kinders
Ek het alles alreeds gedoen
Aan die Kruis van Golgota

Liefste kinders
My hart vir elkeen van julle
Is om te wees, om te word
Om in My perfekte liefde in te groei

Elke dag
Meer en meer
Elke liewe dag
‘n Klein bietjie meer

Abba se kinders
Dis die skoonheid van My liefde
Dat julle nie daarvoor hoef te werk
Maar dat julle dit alreeds besit

Kinders is dit nie mooi nie
Gee dit julle harte nie soveel hoop nie
Kinders net soos wat julle is
Net so is julle alreeds genoeg vir My

Dis die mooiste mooi vir My
Sê Abba Vader
Wanneer mense hulle harte rerig oopmaak
Om hierdie wonderlike liefde van My te ontvang

Liefste kinders asseblief
Doen dit meer
Elke dag ‘n bietjie meer
Vra My om dit dieper te plaas

Kinders Ek wil julle neem
Tot by die volmaaktheid van My liefde
Dis so belangrik vir julle
Om elke dag daarin te groei

Liefste kinders asseblief
Laat julleself toe om julle harte voor My te ontbloot
Laat julle harte toe om hulleself voor My te ontbloot
Laat hulle rerig toe

Kinders dis so belangrik vir julle
Om julle harte rerig vir My oop te maak
Om uit te haal en te deel
Wat in die donkerste dieptes lê

Liefste kinders, Abba se kinders
Moet nooit bang wees om met My te deel nie
Ek gee rerig om
Ek wil rerig hoor

Kinders, Abba se kinders
Dis so belangrik vir julle om te weet
Julle is alreeds ten volle aanvaar
En dat Ek julle perfek liefhet

Niks sê Abba
Niks maar niks
Wat julle doen
Kan enige iets daaraan toevoeg

Kinders asseblief
Rerig
Dis tyd dat julle dit hoor
Hierdie waarheid rerig aanneem

Maak dit julle eie
Asseblief sê Abba
Om elke dag te groei in liefde
En gehoorsaamheid aan My

Kinders dis al wat belangrik is
Julle liefde en aanvaarding
Ook van My
Kinders asseblief doen wat Ek van julle vra

Kies My asseblief
Bo die dinge van die wêreld
Weet dat Ek julle altyd
Meer en beter wil gee

Kinders, Abba se kinders
Dis tyd dat julle My
Daarvoor vertrou
Rerig-erig vertrou

Abba se kinders
Dankie dat julle My liefhet
Baie meer
As wat julle die wêreld het

Kinders Ek glo in julle
Ek weet dat julle kan
Saam gaan ons hierdie pad loop
Saam gaan ons hierdie pad voltooi

In Yeshua Jesus
Se wonderlike
Heilige Naam
Amen

Julle is goed genoeg
My liefste kinders
Julle is meer as goed genoeg
Onthou julle het alreeds My volle hart

Niks wat julle doen
Kan enige iets daaraan toevoeg nie
Niks wat julle doen
Kan enige iets daarvan wegneem nie

Onthou dit asseblief
Liefste kinders
Soos wat julle net elke dag groei
Om ook My perfek lief te kry

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s