'n Seer hart, Liefde so groot, Nuwe hoop

Herstel van die hart

Abba se kinders
Hy is so lief vir julle
Ek wens julle kon dit sien
Ek wens julle kon dit rerig glo

Partykeer is dit moeilik
Om te verstaan
Dat die Koning
Ons so baie lief kan hê

Ek weet
Dis partykeer, dikwels
Vir my ook moeilik om in te neem
Dat dit rerig so veel kan wees

Sy omgee is sooo groot
Vir elkeen wat homself
‘n Kind van God noem
En ook elke ander een

Dankie Abba Vader
Dankie
Dat U so baie omgee vir elkeen van ons
En dat U liefde rerig perfek is

Dankie liefste kinders
So baie dankie
Dat julle glo in My
Dat julle weet dat Ek rerig is

Daar is niemand soos Ek
In hierdie hele wye wêreld nie sê Abba
Nee niemand nie
Nie Een

Kinders Ek is wonderlik verby
Ek kan verstaan dat dit vir julle
Dikwels moeilik is om te glo
Maar dit is wie Ek is

Ewig standvastig
En mooi in al My weë
Ewig mooi sê Abba
Dit is wie Ek is

Liefste kinders
As daar iemand is daarbuite wat wil hoor
Ek gee om vir jul
Ek gee meer om as wat julle dalk ooit sal kan verstaan

Kinders dit is wie Ek is
Omgee-Groot
Dit is My Naam
Daar is geen ander soos Ek

Kinders asseblief
Kom dieper
Kom vat My hand
Kom stap hierdie lewensreis saam met My

Saam sal ons hom voltooi
Sê Abba
Saam
Hierdie pad na die Hemelse Beloofde Land

Kinders hierdie pad
Is so mooi
Ek weet daar is min mense
Wat dit glo

Tog wil Ek julle aanmoedig
Elkeen van julle
Om net aan te hou
Nie moed op te gee

Liefste kinders, Abba se kinders
Julle is nooit alleen nie
Ek is altyd daar
Ek sal julle deur die rofste storms dra

Kinders dit is wie Ek is
In die stil tye
In die wonderlike tye
In die storm tye

Altyd daar sê Abba
Altyd daar
Dit is wie Ek is
Dit is wat Ek gee

Liefste kinders Ek wil vra
As daar iemand is
Wat My nog nie so ken
Dat jy rerig nader sal kom

Liefste kind
Asseblief
Moenie meer bang wees om oor te gee nie
Asseblief kom net soos wat jy is

Moenie probeer om die werk
Op jou eie te doen nie
Sê Abba
Asseblief laat My toe

Kinders Ek gee om vir julle
Ek gee so baie om
Ek wens julle kon dit sien
Rerig julle eie maak

Moenie toelaat
Dat My omgee en liefde
Net woorde bly nie sê Abba
Asseblief maak rerig oop jou hart

Kinders daar is meer
Daar is soveel meer
Sal jy daarna vra
Rerig vir My begin leef

Dis die grootste begeerte
Van My hart sê Abba
Dat julle My kinders
Dat julle elkeen My rerig sal vind

Kinders
Ek gee om vir julle
Asseblief sal julle dit glo
Asseblief sal julle kom

Moenie terughou nie
Liefste kinders
My liefde en vergifnis
Dis al wat jy nodig het

Vergewe jouself
Sê Abba
Vergewe
Want Ek het jou vergeef

Kinders asseblief
Kom net nader
Nog ‘n bietjie-baie
Nader aan My

Hoor jy My hart
Se klop
Wil jou Abba-Vader weet
Hoor jy wat Ek vir jou sê?

Liefste kind
Daar is ‘n spesifieke plan met jou lewe
Geen niemand
Kan jou plek in My Koninkryk inneem

Kind asseblief
Kom nader
Kom kyk wat Ek instoor hou
Vir jou en elkeen

Vra daarna sê Abba
Vra asseblief en reik uit
Na al die drome
Wat Ek gedroom het oor jou

Liefste kind
Moenie meer terughou nie asseblief
Laat toe dat My perfekte liefde
Die diep twyfels in jou hart laat verdwyn

Oor wie Ek is
Oor wat Ek so graag in en deur jou lewe wil doen
Ja kind van Abba-God
Ek praat met jou

Daar is net niemand soos jy vir My nie
Niemand kan jou plek vat nie
Asseblief seun, dogter
Hou asseblief op om dit vir jouself te sê

Kind jy kan
Jy kan want dit is Ek en nie jy
Wat jouself bekwaam maak
Dis Ek in jou sê Abba, dis Ek in jou

Begin glo sê Abba
In die groot wonderlike dinge
Wat Ek nog vir My Koninkryk
In en deur jou gaan doen

Kind jy kan
Jy kan met jou alles in My glo
Ek sal jou net nooit
Ooit in die steek laat

Kind asseblief
Groei nader aan My
Nader, nader
Nog ‘n bietjie meer

Daar is niks beter
Of mooier vir My kinders
As om naby My te leef
Kind dit is die mooiste ding

Kind asseblief
Glo vir My
Glo asseblief in wie Ek is
En wat Ek vir jou wil doen

My hart is mooi
Sê Abba
My hart is so mooi vir jou
Kind asseblief kom ‘n bietjie nader

Nog nader
Sê Abba
Nog ‘n bietjie
Nader aan My

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s