Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Delf dieper

Vader-God U is
Altyd in beheer
Hoe wonderlik om te weet
Soewerein oor alles

Niks kan ooit
Met U vergelyk
Dié wete maak my hart so bly
Dit gee hom baie hoop

Dankie Abba-God
Dat U so lieflik en goed is
Dankie Abba-God
Dat U nooit op nie een van ons opgee

Liefste kinders asseblief
Julle moet altyd glo
Dat Ek goed en waar is
En dat geeneen of niks met My kan vergelyk

Dit maak rerig nie saak
Hoe dinge in hierdie wêreld
Raak of vir julle lyk nie
Ek is bo dit alles sê Abba

Ja liefste Abba-kinders
Ek weet van julle
Selfs al kan Ek nie alles wat sleg is keer
Kan Ek alles nuut maak

Kinders Ek is
Kinders Ek bly
Altyd-altyd
In volle beheer

Daar is niks waarvan
Ek nie weet nie
Sê Pappa-God
Nie ‘n enkele ding

Abba se kinders Ek wil hê
Julle moet My aangesig kom soek
Maar Ek wil vra dat julle
Ernstig daaroor sal wees

Kinders asseblief
Luister vir My
‘n Nuwe Begin wil Ek julle gee
As julle net bereid sal wees om te vra daarna

Moenie in die donker bly nie
Sê Abba
Asseblief kom uit
Kom vind uit wie Ek rerig is

Ek kan sien sê Abba Vader
Dat jy vir lank verblind is
Om leuens oor My te bly glo
Als omdat jy net nie wil kom na My

Kinders Ek is nie
Wie baie mense dink Ek is nie
Ek is ‘n miljoen keer beter
Miljoen kere oor mooier

Kinders asseblief glo vir My
As jou hart nie op ‘n geluksgalop gaan
Elke keer as jy My Stem of Naam hoor nie
Dan ken jy My nog nie soos wat Ek wil hê jy moet My ken nie

Kom nader My liefste kinders
Asseblief kom nader
Weet dit asseblief altyd
Daar is altyd meer

Meer en meer
Wil Ek julle altyd gee
Dit is My hart
Sal julle vra daarna

Kom asseblief dieper
Kom klop aan My hart
Kom vra na meer
Kom vra na alles in My hart

Altyd-altyd is daar meer
Moenie ooit bang wees om te vra daarna nie
Dit is wie Ek is
En dit is wat Ek wil en kan gee

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s