'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Jy is spesiaal verby

Weet jy wie jy is
In My
Weet jy hoeveel waarde
Jy en jou lewe vir My dra

Kind jy is so spesiaal
Vir My
Ek wil hê jy moet dit glo
Ek wil hê jy moet dit weet

Niemand sal ooit jou plek kan vat nie
Liefste kind
Niemand want daar is net een van jou
Uniek is jy gemaak

Jou lewe dra waarde
Sê Abba
Want dis My lewe in jou
Wat jou asem gee

As hierdie wêreld en sy mense
Tog net wou verstaan
Hulle behoort aan My
In liefde het Ek hulle geskep

Kinders van die wêreld
Kinders van Abba
Glo asseblief vir My
As Ek vir jou sê dat jou lewe waarde dra

Soveel oneindige waarde
Sê Abba
So spesiaal en kosbaar
Is elkeen vir My

Kinders hou julle harte oop
Hou julle ore oop
Weet dat Ek naby is
Weet dat Ek altyd omgee

Kinders julle moet altyd weet
Dat julle nie julself met ander moet vergelyk
Maar dat julle moet vasstaan
In die eie spesiaal-wees van wie jy is

Kind asseblief
Glo vir My
Jy is spesiaal
Verby

Ek het jou gemaak
Ek het My lewe in jou geplaas
Die dag toe jy begin is
Ek bid dat julle dit so sal vind

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s