Lofprysing, Oorgegee

My lewensliedjie

Glorie aan U Naam alleen Amen
Dit wil ek altyd sing
U is goed Abba
En sooo wonderlik

Dankie Abba
Dat U altyd naby is
Dankie Abba
Dat U so baie omgee

U is die lewenslied
Op my lippe
Die Een wat my hart
Altyd meer hoop gee

Vader dankie
Dankie vir wie U is
Dankie dat U, U alles
Opgeoffer het vir my

Vader dit beteken vir my so baie
En ek wil vra
Dat U my asseblief sal help
Om dieselfde te doen

Dankie liefste kind
Dankie dat jy in My glo
Dat jy My hand
Altyd so styf bly vashou

Dankie My liefste kind
Baie dankie daarvoor
Dat jy My liefhet
Dat jy weet dat Ek altyd daar is

My oog sal altyd op jou wees
Altyd en altyd
Tot op die einde
Dit is wat Vader sê

Hou moed en asseblief
Moet nie opgee
Dit wat Ek in jou begin het
Dit sal Ek voltooi

Dit is wat Abba-Vader sê
Vir ewig en altyd Abba
Wil ons net dat U lof en prys
Op ons lippe sal wees

Dankie liefdevolle Vader,
Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s