Byt vas, Lofprysing, Nuwe hoop

‘n Ware Rots

Ek is so bly
Ek het my hart vir U gegee
Dat ek aan U behoort
Dat ek kon ja sê

Watter voorreg Abba
Om U lief te hê
Om te weet dat ek U kind is
En dat niks ons ooit kan skei

Vader ek wil nog baie meer
En dieper van U hê
Ek wil grawe met ‘n hart van geloof
Totdat ek U s’n in al Sy dieptes vind

Abba U is so goed
En wonderlik
En om te dink dat U ons so liefhet
Dit is iets wat ons skaars kan glo

Diep, so diep lê U liefde vir ons
Dis wat ons krag gee vir elke dag
Vir die hier en nou
Dankie Abba daarvoor

Ons wil U diepte vind
Ons wil by U hart uitkom
Ons wil nie stop nie
Ons wil sê vat ons dieper Heer

Neem ons tot by die plek
Waar ons U in volheid dien
Met harte vol lof
Altyd-deur

Dankie Abba Vader
Vir die voorreg wat ons het
Om die lewende, almagtige God van hemel en aarde
Ons Vader te mag noem

Baie dankie Abba Vader
Vir elke voorreg
Elke liewe geskenk
Uit U liefdevolle hand

Abba vat ons tot by die plek
Waar ons rerig weet wat vir U belangrik is
Dat ons dit sal leef
Dat ons sal weet dat U liefde is

Dankie Abba-Vader
Liefdevolle Pappa-God
Vir alles wat U is
Dat U ons ware Anker is

Vader-God
Ons wil meer hê
Soveel meer
Baie meer van U hart

Sal U ons asseblief kom leer
Sal U ons asseblief kom wys
Dat ons U meer en meer kan gee
Die lof en eer wat U verdien, toekom

Vader ons wil nooit terughou
Wanneer dit by U
En U liefde vir ons kom
Ons wil altyd bly oorgee

Dis omdat ons weet dat U
Ons diep liefhet Abba Vader
En dit beteken so baie vir ons
Dis die lewe en soveel meer

Dankie Abba liefdevolle God
Vir U genade-hand oor ons
Dat U ons so styf vashou
En dat ons saam met U triomfeer

Saam met U is ons
Meer as oorwinnaars
Dit is wat U Woord vir ons bly sê
Dit is tyd dat ons dit regtig glo

Vader sal U ons asseblief help
Om meer en meer
Ons oë op U te plaas
Ons oë op U te hou

Abba want dit is ware oorwinning
Om in die storm na U te bly kyk
Nie na dit wat om ons aangaan
Maar op U en U alleen

Dis wat ons deurtrek Abba-God
Deur die storms van die lewe
Om vaster aan U te hou
Nader aan U te trek

Abba help ons asseblief
Om in die storms van die lewe
Nooit moed op te gee
Maar om vaster aan U te trek

Dis al hoe ons dit maak
Deur die genade Abba
Wat U vir ons gee
Vader ons sal dit nie sonder U kan doen

U is die Een wat ons bo hou
In die storms van die lewe was U nog altyd daar
So getrou
‘n Ware Rots vir my

Dankie Abba liefdevolle God
Dankie vir wie U is
Dat U ons bo-hou
Dat U ons laat swem

Saam met U sal ons nooit ondergaan
Want dit is nie wie U is
U is die Lewe
Hoop en soveel meer

Dankie Abba-God
Vir U kosbare liefde en trou
Dat U nog altyd daar was
En ook altyd daar sal wees

Vader-God U is ons Rots
Die Een wat ons in en deur alles
Wat in die lewe gebeur
Bo en staande hou

Dankie Abba Vader
Dankie vir wie U is
Help my asseblief Abba om my hart
Nog baie meer vir U oop te sluit

Om U toe te laat in plekke
Waar U nog nooit voorheen was
In die diepste plekke van U hart
Dis waar ek so graag wil wees

Abba-God sal U ons asseblief help
Ons meer help
Ons meer leer
Om te verstaan wie U rerig is

Ons wil die diepste U ontdek
Ons wil U hartklop hoor
U genade se geklop
Dankie Abba dat U wil hê ons moet vra daarvoor

U wil dit vir almal gee
Nie ‘n uitgekose paar
Dit is wat U sê
Ons gee U al die eer

Dankie liefdevolle Pappa-God
Dat U mooi is
Vêr by alles wat lieflik is verby
En dat U in my hart woon

U genade het my kom vind
Alles nuutgemaak
My ‘n nuwe lewe gegee
Om nou vir U te leef

Vader dit bly die grootste voorreg
En dis wat ek wil doen
Elke dag ‘n bietjie meer oorgee
U elke dag ‘n bietjie meer vertrou

Dankie dat U altyd daar is
‘n Ware Rots vir my
Sonder U wil en kan ek nie
Hierdie lewe in volheid leef

Vader daarom wil ek vra
Vader word asseblief altyd meer
Altyd meer in my hart
Altyd meer in my lewe

Dankie Abba-Vader
Liefdevolle God
Maak my asseblief meer lief vir U
Dat my alles aan U sal behoort

Ek wil U alles gee
Dat elke stukkie van my
Aan U sal behoort
Elke dag meer en meer

Dankie Abba liefdevolle God
Dat U genade goed en mooi is
Dat dit meer as genoeg is
Dat dit al is wat ons in hierdie lewe nodig het

‘n Brandende vlam Abba
Dit is wat ek vir U wil wees
‘n Vlam wat baie hoog brand
Vir ander om my hoop gee

Vader ek weet dit is
U in my
Wat my instaat stel
Om waarlik vir U te leef

Vader ek wil meer hê
Soveel meer
Ek vra na U diepte
Ek vra na U volheid Heer

Vat my dieper asseblief Abba
Ek wil by U wees
Dieper en meer, elke dag
Dit is waarvoor ek ja sê

Om U hart te ken
Om U waarlik te ken
Abba dit bly my diepste hartsbegeerte
Om U en U hart te ken

Vader ek wil verstaan
Elke dag ‘n bietjie meer
Elke dag ‘n bietjie meer
Van U diepte hê

Ek wil by U hart uitkom
Meer en meer
Vader help my asseblief daarmee
Om daagliks oor te gee

Om U meer te vertrou
Om vaster aan U te hou
My Rots, my Lewe, my Anker
Die Een wat my so styf vashou

Halleluja
Amen
Aan U alleen
Al die lof en eer

Ek is so bly dat my hart
Aan U behoort
Ek is so bly ek het dit
Vir U gegee

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s