Lofprysing, Oorgegee

Grote Heer

Geloof, Hoop, Liefde
Dit is wat ons ANKER bly
Om elke dag ‘n bietjie meer
Aan die Koning van die konings oor te gee

In U het my hart
Soveel vreugde gevind
Om aan U te behoort
Vul my hart met soveel hoop

Meer en meer Abba
Asseblief
Ek wil nog baie meer van U hê
Maak dit elke dag my gebed o Heer

Tot op die einde
Wil ek honger bly
Vir alles in U hart
Vir wie U waarlik is

Dankie Abba Vader
Vir wie U is
Dat U goed en getrou is
Dat U ons waarlik so styf vashou

Aan U al die lof en eer
Die aanbidding van ons harte
Wil ons voor U bring
Die enigste waardige een

Om aan U oor te gee
Bly altyd mooi
Dankie Abba
Dankie daarvoor

Dat U ons altyd help
Altyd lei
Vashou
Nuwe hoop gee

Aan U die dank
En eer
U is die lofwaardige Koning
Grote Heer

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s